’n Bron na aan die paartjie het aan die tydskrif People gesê die twee het 'n week gelede op die Quantico-ster se 36ste verjaardag in Londen verloof geraak. 

’n Bron het ook aan die webtuiste gesê die 25-jarige het glo ’n Tiffany-winkel in die stad New York laat sluit om vir sy meisie die volmaakte verloofring te koop.  

“Hulle is baie gelukkig,” het die bron aan People gesê.

Die nuus kom net twee maande nadat die paartjie in Mei begin uitgaan het. Sedertdien is die verliefde duifies op aandete-afsprake in New York en Los Angeles opgemerk en het hulle selfs by Priyanka se ma in Indië gaan kuier.  

Nick en Priyanka het in 2017 die eerste keer gerugte van ’n romanse laat ontstaan nadat hulle by die Met Gala saam verskyn het, berig E! Online.

Maar aanhangers het in Mei hul verhoudingstatus begin bevraagteken nadat die glansmense saam in Los Angeles gewaar is. 

Dit sal albei sterre se eerste huwelik wees.  

Nick se naam is voorheen aan dié van Miley Cyrus en Selena Gomez gekoppel en het glo selfs in 2015 met Kate Hudson uitgegaan.

Nie Priyanka of Jonas se verteenwoordigers het al die nuus bevestig nie. 

Bronne: people.com, eonline.com