“Hy is ambassadeur vir Kalahari, ’n plaaslike velsorgreeks, en hulle het 'n advertensie daar verfilm en liefdadigheidswerk gaan doen,” vertel Bobby se bestuurder-ma, Ronel Brink, oor sy besoek.

Bobby het gedurende sy tyd daar op Instagram kaalbolyf-foto's van homself in tradisionele San-drag gedeel waar ’n mens nie sy blokkiesmaag kan miskyk nie.

Hy het by 'n inskrywing saam met die foto's grappenderwys daarna verwys as "Kalahari-mode".

Foto: Instagram

Verskeie van sy volgelinge het geskerts hulle is gaande oor sy "Springbok-Speedo".

Op nog foto’s het hy die eindelose sandvlaktes, panne en rooi duine van die afgeleë wêreld vasgevang.

Bobby het vanjaar al omtrent rondgerits. In Julie het hy in Egipte kerjakker en kort daarna was hy en vroulief, Annatjie, in Israel.