Wayde is verlede Oktober beseer toe hy raakrugby gespeel en sy kruisligament en meniskus geskeur het.

Die besering beteken ook hy sal nie aan die 2018 Statebondspele deelneem nie.

Wayde het ná die operasie ’n video op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Vandat ek my deurbraak op die baan gehad het, het ek vinnig geleer, maak nie saak hoeveel talent, ego’s, kommentaar, uitdagings en struikelblokke jy moet trotseer om die beste te wees nie. Jou grootste vyand en redding is jyself.”

Wayde se vrou, Chesney, sê dit was ’n uitdagende drie maande en hul wittebrood moes ook eers wag . . . tot nou. Sy sê haar man is nou sterker.

Die paartjie het onlangs ’n blaaskans in die Maledive geniet en ’n foto van hul wittebrood in sosiale media gedeel.

Had an amazing time @kanuhuramaldives island. Was beautiful. ??????

A post shared by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on