Al het die egpaar nog nie hul baba se geslag bekendgemaak nie, het beroepswedders aangedui Diana is die duidelike gunstelingbabanaam met ’n wedsyfer van 10:1, berig Mirror.

Die naam Alice is ’n kortkop agter op 12:1, terwyl Alexandra ’n verskyning maak op 16:1. 

“Daar’s ’n beskouing dat daar so min verrassings in die lewe oor is; hoekom nie die grootste een spaar vir die oomblik wanneer ’n kind gebore word nie,” sê die koninklike kommentator Victoria Arbiter oor die besluit om nie die baba se geslag bekend te maak nie. 

“Dit is nie net ’n koninklike filosofie nie; baie ouers in Brittanje kies om nie uit te vind nie.”

As die hertog en hertogin van Sussex se eersteling ’n seun is, is die gunstelingname Arthur en Edward. 

Maar as die egpaar wel hul baba na die wyle prinses noem, sal hulle nie die eerste koninklikes wees wat dit doen nie. Prins William en Kate se dogter, prinses Charlotte, het Diana as haar middelnaam.

As die hertog en hertogin van Sussex se eersteling ’n seun is, is die gunstelingname Arthur en Edward.

Die beroepswedders William Hill het onlangs gesê hulle het meer weddenskappe vir Harry en Meghan se baba ontvang as toe William en Kate prins George verwag het, berig The Sun

“In dié stadium dink ons die omset sal hoër wees vir die Sussex-baba as wat dit vir prins George was,” sê Rupert Hill van William Hill. 

“Die doodslag vir die beroepswedders is as die baba ’n meisie is en hulle kies om haar Diana te noem.”

Die koninklike baba word in April verwag. 

Bronne: Mirror, Daily Mail, Cosmopolitan.