Prins Harry en sy vrou, Meghan, het laat Woensdagaand hulle na Instagram gewend om dié ingrypende stap met hul aanhangers te deel.

Daarvolgens het hulle die afgelope maande die aangeleentheid heroorweeg en bespreek en besluit om as “senior lede” van die koninklike familie uit te tree en om finansieel onafhanklik te wees. Hulle skryf verder dat dit niks verander aan hul steun aan Harry se ouma, die Britse monarg koningin Elizabeth II, nie.

’n
View this post on Instagram

“After many months of reflection and internal discussions, we have chosen to make a transition this year in starting to carve out a progressive new role within this institution. We intend to step back as ‘senior’ members of the Royal Family and work to become financially independent, while continuing to fully support Her Majesty The Queen. It is with your encouragement, particularly over the last few years, that we feel prepared to make this adjustment. We now plan to balance our time between the United Kingdom and North America, continuing to honour our duty to The Queen, the Commonwealth, and our patronages. This geographic balance will enable us to raise our son with an appreciation for the royal tradition into which he was born, while also providing our family with the space to focus on the next chapter, including the launch of our new charitable entity. We look forward to sharing the full details of this exciting next step in due course, as we continue to collaborate with Her Majesty The Queen, The Prince of Wales, The Duke of Cambridge and all relevant parties. Until then, please accept our deepest thanks for your continued support.” - The Duke and Duchess of Sussex For more information, please visit sussexroyal.com (link in bio) Image © PA

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Harry (35) en Meghan (38), ’n voormalige aktrise wat in Amerika gebore is, sal voortaan hul tyd tussen die Verenigde Koninkryk en Noord-Amerika verdeel, lui hul inskrywing op Instagram aan hul 10,1 miljoen volgelinge.

In hul verklaring verwys hulle ook na hul agt maande oue seun, Archie en dat hulle hom sal grootmaak met ’n waardering vir die koninklike tradisie waarin hy gebore is. Hulle wil terselfdertyd egter op hul gesin fokus vir die volgende hoofstuk in hul lewe: die totstandbringing van hul liefdadigheidsinstansie.

Die paartjie se besluit het baie positiewe reaksie uitgelok. Ene @kalukandahouse het dit as uitstekend beskryf terwyl @sistahealer hul besluit met "bravo!" toegejuig het.

Vir @bonga_ni is dit ’n skok, maar hy is van mening dat die Britte nooit die paartjie na volle waardeer het nie en dat hulle nou aan die wêreld behoort.

Hul aankondiging is deur verskeie van hul Instagram-volgelinge as dapper beskou en @clairesaunders80 glo vas dat prins Harry se ma, wyle prinses Diana, ook die paartjie se besluit sou toejuig. Ander loof hulle en sê dat Diana baie trots op haar seun en dié stap sou wees, al was dit heel moontlik ’n moeilike een om te neem.

En @brittany_bravata glo die gesin verdien net soveel geluk soos enige ander mens.

Die paartjie se besluit is 'n teken dat Harry se hart sy kop regeer, meen Dickie Arbiter, voormalige mediawoordvoerder van Buckingham-paleis. Die massiewe media-aanslag op die egpaar kon ook Harry se besluit motiveer het, is Dickie van mening.

Hy het Harry en Meghan se besluit vergelyk met dié van Edward VIII se abdikering in 1936 om met die geskeide Amerikaanse vrou Wallace Simpson te trou.