Die aktrise, wat die rol van die bekkige Karli du Preez in die gewilde hospitaaldramareeks Binnelanders vertolk, pronk met ’n nuwe Spaanse vriend in die sosiale media.

Haar vriendskap met die Spaanse sakeman Eric Casas laat omtrent die tonge klap. Is daar romanse in die lug?

Volgens Pascal het sy en Eric net “’n baie goeie vriendskap”. Daar is ook “niks romantiese verwikkeling nie”, hou sy vol.

“Ons het ontmoet in Suid-Afrika deur my pa se werk. Hy was hier vir estetiese besigheid. Toe wys ek Pretoria vir hom.”

Die twee het glo baie in gemeen en geniet dit veral om saam die wêreld plat te reis. Pascal het onder meer in Julie verlede jaar, ’n maand nadat hulle ontmoet het, in die Spaanse stad Barcelona, waar hy woon, gaan kuier.

View this post on Instagram

Some people enter your life for many beautiful reasons! Grateful @ericasas ??????????????@skymedicoficial ?? #newchapter #adventures #barcelona ????

A post shared by ? ???????????? ?????????????? ? (@pascalie) on

Pascal het Vrydag op Instagram ’n foto van haar en Eric op Instagram met haar meer as 40 000 volgers gedeel en geskryf hoe danksbaar sy is om hom in haar lewe te hê.

Pascal Pienaar,Binnelanders
Foto: Verskaf

“Sommige mense kom in jou lewe vir baie pragtige redes! Dankbaar!” het sy by die foto van hulle twee saam geskryf.


Eric het hierop geantwoord: “Jy is my familie in Suid-Afrika”.

Pascal Pienaar,Binnealnders
Pascal Pienaar, Eric Casas en Elena Paya by die Uniegebou in Pretoria. Foto: Verskaf

Een van haar volgers het ewe laat hoor: “Jy moet ons meer vertel. Klink so interessant?”

Toe Eric onlangs op Instagram ’n kiekie van hom kaalbolyf in die see gedeel het, het Pascal ewe laat hoor: “Maagspiere vir dae”. Hy het hierop geantwoord: “Gim elke dag”.