Jy en jou gesin kan dalk nou hul bure word. Hoewel William en Kate en hul drie kinders se hoofwoning by Kensingtonpaleis is, bring hulle heelwat tyd en veral vakansietye deur in hul ander woning, Anmer Hall, op die platteland in Norfolk. Die huis was 'n trougeskenk van William se ouma, koningin Elizabeth II. 

William en Kate se huis
William en Kate se ander woning, Anmer Hall, op die platteland in Norfolk. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Tweeslaapkamerkothuis langs William en Kate, prinse George en Louis en prinses Charlotte is nou te huur. Dié kothuis, by 20 Cherry Tree, is 'n klipgooi van waar Kate, William en George in 2013 gewoon het nadat die prins gebore is. 

Die kothuis wat naby William-hulle te huur is, het 'n pragtige groot tuin, maar kom met 'n streng voorwaarde dat geen katte toegelaat word nie. Honde sal dalk oorweeg word, berig die Mirror

As jy daaraan dink om die kothuis te huur, sal jy 'n aansoek aanlyn moet invul. Mense wat naby woon, sal eerste oorweeg word, maar mense wat nie in die gebied woon nie, mag ook aansoek doen. 

Kate en William sal sekerlik nie sonde met die bure wil hê nie. Hulle is glo gaande oor die rustige lewe in Norfolk. 

Hulle gaan eet glo gereeld in plaaslike kroeë as hulle daar woon en Kate hou daarvan om haar eie inkopies op die dorp te doen. 

Die gesin het in 2017 permanent teruggetrek Londen toe om hul koninklike pligte uit te voer.

As jy die geld het, kan jy hier aansoek doen: Sandringhamestate.co.za 

Bronne: Mirror, People