LAAT WIEL!

Patrick Dempsey

Die akteur Patrick Dempsey (51) is ’n kranige fietsryer wat al internasionaal deelgeneem het. “Ek is mal oor die vryheid van fietsry. Jy gaan uit en ry en eindelik laat dit jou goed voel.”

TYD VIR TENNIS

Natalie Portman

Daar is niks soos ’n potjie tennis vir oefening nie – vra maar die Oscar-wenner Natalie Portman (36).

OEFEN SOOS ’N BOKSER

Hilary Swank

Hilary Swank (43) het soos ’n bokser geoefen om in Million Dollar Baby een te speel en bly steeds danksy hoëoktaan-gimsessies fiks. “Ek hou nie van enigiets stadigs nie,” sê sy.

YSTERMAN

Tyson Beckford

Die model Tyson Beckford (47) hou van gewigsoefeninge op die strand.

JOGA-MAL

John Legend

Die sanger en liedjieskrywer John Legend (39) en sy vrou, die model Chrissy Teigen (32), is dol oor joga.

UITKLOPHOU

Gigi Hadid

Die model Gigi Hadid (22) bly ook fiks danksy gereelde boksoefeninge. “Dit help my om sterk te voel.”

SWEEF-SWEEF FIKS

Ashley Graham

Die model Ashley Graham (30) hou van ’n verskeidenheid taai oefeninge. “Ek maak reg vir Cirque du Soleil- oudisies,” het sy by dié foto geskryf.

GIM- SESSIES

Kevin Hart

Die akteur Kevin Hart (38) is fiksheidsmal en boer in die gim om daai lyf op sy beste te hou.

DRAFSESSIE

Prins Harry

Prins Harry (33) hou van draf en draf dikwels saam met ’n groep hawelose jong mense as deel van The Running Charity.

KONING VAN DRIEKAMP

Zac Efron

Die aantreklike Zac Efron (30) neem gereeld aan driekamp-uitdagings deel. En ja, dis ’n bonus dat hy stywe kortbroeke daarvoor dra!

STREK-STREK

Kate Hudson

Pilates help Kate Hudson (38) fiks bly. “Niks laat my so tuis in my liggaam voel soos Pilates nie,” sê die aktrise.

Foto’s: Instagram, Great Stock/Backgrid, Elite Photo Agency, Great Stock/Splash News, RealTime Images