Foto: Gallo Images/Getty Images

Jada het die gesprek begin deur aan haar dogter, Willow Smith (18) en haar ma, Adrienne – saam met wie sy die program aanbied – te vertel dat sy altyd daarvan bewus was dat haar oorlede vader, Robsol Pinkett (58) hulle mishandel het, berig Entertainment Tonight.

“Ek was vroeg in my lewe reeds bewus van die feit dat my ma en pa se verhouding baie gewelddadig was,” het sy vertel.

“Daar is ’n klompie letsels op haar liggaam waaroor ek as kind nuuskierig was. Ek het iets gesê soos ‘O, mamma, wat’s dit? Wat’s dit?”

Adrienne onthul toe dat Robson ’n gewelddadige dronklap was wat haar selfs eenkeer oor ’n trapreling gestoot het, en dat sy nog steeds die littekens op haar rug het, berig E! News.

Die 65-jarige Adrienne het bygevoeg haar eie moeder, ’n maatskaplike werker, het haar vroeër teen Robson gewaarsku.

“Hy het my oog op ’n keer blou geslaan, en ek het probeer om dit vir ma weg te steek, maar sy het dit raakgesien,” het Adrienne vertel.

“Ek weet wel wanneer jy daar moet uitkom. Ek het in werklikheid vir my lewe gevlug,” het sy bygevoeg.

Jada het daarna gepraat oor die verhoudings waarin sy was waarin emosionele mishandeling ’n rol gespeel het. Sy het selfs onthou dat sy ’n voormalige kêrel met ’n mes gedreig het, berig People magazine.

Die ster van Girls Trip het verduidelik dat haar eks begin aggresief raak het nadat hy by ’n restaurant begin drink het, en dit het haar aangemoedig om uit die motor te spring en huis toe te hardloop, waar sy ’n sweetpakbroek en ’n bostuk met ’n kappie aangetrek het, net ingeval die situasie morsig sou raak.

“Ek onthou hoe ek in daai sweetpak gespring, ’n ou groot mes gegryp en in sy seun se kamer weggekruip het. Hy het deur die agterste skuifdeur ingekom asof hy my gaan bekruip of so iets,” het sy vertel.

“Ek het uit sy seun se kamer gekom en het iets gesê soos ‘Moenie naby my kom nie.’ En toe gebruik hy die sin wat jy gedurig in die flieks hoor, ‘Jy dink tog nie ek sal jou seermaak nie? Ek sal dit nooit aan jou doen nie.’ En ek het iets gesê soos ‘O, God, hier kom moeilikheid,’ Ek was in die moeilikheid.”

Bronne: E! News, Entertainment Tonight, People