'Wonderwerk-baba' op pad vir Toks & Tjops-aanbieder

akkreditasie
Janina Oberholzer en haar man Ryno. Foto: Instgram.
Janina Oberholzer en haar man Ryno. Foto: Instgram.

Die 34-jarige TV-aanbieder met die borrelende persoonlikheid het onlangs in ’n Instagram-plasing onthul haar en haar man, Ryno van Niekerk (37), se eersteling is op pad.

"Ons het ’n rukkie lank ’n klein geheim gehou," skryf Janina. "Ons ontmoet ons wonderwerk-baba vroeg volgende jaar. Ons is vreeslik opgewonde om ons naam na Ma en Pa te verander.”

By die inskrywing het sy ook ’n foto gedeel van ’n babajurkie waarop die woorde "Worth every single shot #IVFbaby" pryk. Daarby verklap sy dat hul eersteling na verwagting in Februarie hul opwagting maak. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees