Die TV- en radioaanbieder Zoë Brown

5 dinge waarsonder jy nie tydens die inperking kan klaarkom nie?

My selfoon, tweezers, gemaklike pajamas, gesigmaskers en popcorn.

4 heerlike maaltye wat jy tydens die inperking beproef het en beslis weer sal maak?

Macaroni-en-kaas, roerbraai, sjokolade-brownies en fudge.

3 dinge wat die inperking draagliker maak?

My nuwe katjie, Navi, Zoom-afsprake saam met my familie en vriende, en die radio.

2 TV-reekse wat jy oor die afgelope paar weke geniet het?

The Big Bang Theory en Money Heist.

1 ding wat jy gaan mis wanneer die inperking verby is?

Ek gaan dit mis om ’n oop skedule te hê.

Die TV- aanbieder Katlego Maboe

View this post on Instagram

Have a ???? week ahead!

A post shared by Katlego Maboe (@katlegomaboe) on

5 dinge waarsonder jy nie tydens die inperking kan klaarkom nie?

Toiletpapier! Skottelgoedseep (jy kook mos nou baie meer), goeie koffie, ’n goeie boek en ’n lang kabel vir jou selfoonherlaaier.

4 heerlike maaltye wat jy tydens die inperking beproef het en beslis weer sal maak?

Piesangbrood, okrasop, groen smoothies en seekosroerbraai.

3 dinge wat die inperking draagliker maak?

Kook, lees en om my kleuter (sy tweejarige seun, Phoenix) te tem.

2 TV-reekse wat jy oor die afgelope paar weke geniet het?

Insecure en Westworld.

1 ding wat jy gaan mis wanneer die inperking verby is?

Om soveel tyd saam met my gesin deur te bring.

Die ‘7de Laan’- aktrise Reandi Grey

Reandi Grey. Foto: Verskaf
Reandi Grey. Foto: Verskaf

5 dinge waarsonder jy nie tydens die inperking kan klaarkom nie?

Oefening, koffie, stiltetyd, die internet en Zoom.

4 heerlike maaltye wat jy tydens die inperking beproef het en beslis weer sal maak?

Baba-forelle oor die kole, skaaptjops en groenbone gebraai saam met tamatie en spek, basiliepesto-pasta en hoenderborsies saam met boontjie-en-ertjieslaai.

3 dinge wat die inperking draagliker maak?

My man, my dogtertjie en my werk. Ek’s geseënd om nog in dié tyd te kan werk.

Reandi en haar dogtertjie, Heidi. Foto: Verskaf
Reandi en haar dogtertjie, Heidi. Foto: Verskaf

2 TV-reekse wat jy oor die afgelope paar weke geniet het?

Survivor en So You Think You Can Dance.

1 ding wat jy gaan mis wanneer die inperking verby is?

Toe ek weer werk toe is, het ek die gehaltetyd saam met my gesin baie gemis.