Die 26-jarige Zozi, wat tydens haar kroningsjaar in New York woon, het Saterdag op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom en het reeds 'n rits openbare verskynings gemaak as deel van haar tuiskomstoer. 

View this post on Instagram

There’s that ugly cry face??. You did this South Africa?? #zozicomeshome ??????

A post shared by Zozibini Tunzi (@zozitunzi) on

Zozi het sedertdien ’n draai gaan maak op haar tuisdorp, Mthatha, in die Oos-Kaap.

View this post on Instagram

A Xhosa woman from the eastern cape has made South Africa proud. Your dreams are valid. #missuniverse #missuniverse2019

A post shared by African Pageants (@african_pageants) on

Hier het sy verskeie geleenthede in haar eer bygewoon.

"Mthatha-stadion, ons is hier," het by 'n foto gestaan van Zozi saam met haar ouers, Lungisa en Philiswa Nadapu, op die amptelike Mej. Suid-Afrika- Instagram-blad. 

Die Oos-Kaapse boorling het ook die huis van oudpres. Nelson Mandela besoek. 

"Wat ’n ongelooflike eer om ’n uitnodiging na die huis van die ontslape Tata Nelson Mandela te kry. As jy verby klik (in die fotogalery) sal jy sien ek sit op ’n stoel en ’n klein voëltjie het vir my gesê dit was Tata se gunstelingstoel. Ek gaan dus nooit hierdie rok was nie," het Zozi by foto's van haar in Madiba se huis geskryf. 

Sy het dankie gesê aan Madiba se kleinseun Ndaba Mandela vir die uitnodiging. 

"Dankie, @ndabamandela, dat jy my in jou oupa se huis verwelkom het. Dit was alles wat ek gedroom het dit sou wees."

Zozi het ook haar laerskool besoek waar sy verras is deur klasmaats wat saam met haar in gr. 1 en gr. 2 was. 

Sy het ook saam met huidige leerders van die skool gekuier. 

Zozi is Dinsdag by 'n geleentheid in Johannesburg as die nuwe ambassadeur vir Samsung Suid-Afrika aangekondig. 

Zozi sal Donderdag aan 'n optog in Johannesburg deelneem, waarna sy na Kaapstad sal vlieg om vanjaar se staatsrede as gas van pres. Cyril Ramaphosa by te woon. 

Ekstra bronne: Channel24, Netwerk24