Volgens Daily Mail is die aartappel in die vorm van ’n reusagtige voet deur Paulo Ciquinel en sy vrou, Marli, in Meleiro in die suide van Brasilië ontdek.

“Ek was ’n bietjie bang toe ons daardie aartappel oes,” vertel Marli aan Daily Mail.

Die reusevoet van ’n aartappel het 8 kg geweeg en het nie net vyf nie maar ses tone gehad. Die aartappel het sowat kniehoogte gestaan en die worteltjies daaraan het kompleet soos klein haartjies op ’n voet gelyk. 

“Ons het nog nooit so iets gesien nie. Kom ons kyk wat ons met die aartappel gaan doen,” vertel Marli.

Daily Star berig dié paartjie kweek al die afgelope ses jaar aartappels en ook ander groente vir eie gebruik in ’n bedding agter hul huis.

Paulo en Marli reken hulle gaan nie die aartappel eet nie. “Dalk kan ons dit uitstal vir mense wat dit graag wil sien,” het hulle aan Daily Star gesê.

Bronne: DailyMail, Daily Star