Twee jaar gelede het Luke (nou 25) besluit om sy meisie, Tristan (nou 23), te vra om te trou.

Ná werk het hy na haar huis gery om haar pa, Rob, te vra of hy met sy dogter mag trou. 

Dié was ingenome met die jong man en het gesê hy moet dit sommer dadelik doen. 

Die pa en sy toekomstige skoonseun maak toe 'n ring uit 'n suikerlepel. 

Daardie oggend om eenuur het hulle Tristan wakker gemaak en Luke het haar gevra om te trou.

Haar antwoord was gelukkig ja.

Die pasgetroude paartjie, Luke en Tristan, wat tans op hul wittebrood in Mauritius is.

Ná deeglike beplanning het die twee verliefdes besluit om vanjaar op die Cypress Dale-plaas buite Oos-Londen te trou.  

Hulle het na die Areena Riverside Resort gegaan om die troufoto's in die mooi natuurskoon te gaan neem. 

Terwyl die paartjie voor die kamera was, het 'n enorme kameelperd skielik haar kop bo die bome uitgesteek. Toe hy die bruidspaar sien, het sy stadig en grasieus na hulle gestap.

“Die vriendelike reus het na ons gestaar voor sy heel nuuskierig na die bruidspaar en strooimeisies begin stap en later aan hulle begin ruik het,” vertel die fotograaf, Stephanie Norman.

DIe kameelperd het gesorg vir ongelooflike mooi foto's vir die bruidspaar

Daarna het almal ontspan en hulle het besef die kameelperd, wat later bekend geword het as Abby, het net goeie bedoelings. 

Abby het tot in die middel van die pad gestap waar Luke en Tristan gestaan het. En terwyl die tweetjies mekaar gesoen het, was Abby ook daar. Dit het gelyk asof sy ook wou soentjies uitdeel.

“Dit was 'n ongelooflike oomblik en ek dink niemand van ons sal dit gou vergeet nie,” sê Stephanie.

Abby het vinnig aan die strooimeisies begin ruik en het gesorg vir groot opwinding tydens die fotosessie

Ná die ontmoeting het die familie uitgevind Abby loop vry op die oord rond en is saggeaard. Sy hou baie van mense en deel gereeld kameelperdsoene uit.

En danksy Abby was Luke en Tristan se troudag iets wat hulle en hul gaste ewig sal onthou. 

Foto's geneem deur Stephanie Norman Photography