Steve Casino, van die Amerikaanse deelstaat Ohio, het ure lank neutdoppe met verf in miniatuurtonele van die koninklike troue omskep.

Die tablo’s wys die koninklikes op die balkon van Buckingham-paleis en ook buite. Die neut-Meghan is deurgaans in haar trourok geklee.

Steve sê al het hy geniet om dit te doen en was dit ’n vervullende projek, was dit uitdagend. 

“Die koningin en prins Charles is by verre die beste karakters wat ek nog gemaak het,” meen hy.

Steve het met Plenish saamgewerk, ’n onderneming wat neutmelk (soos kasjoeneutmelk) produseer om die ongelooflike beelde te skep. 

Kara Rosen, stigter van Plenish, sê: “Ons het lank en hard gesoek na iemand wat ons idee kon lewe gee – en kan nou met vertroue sê ons het iemand gevind wat net so dol oor neute soos ons is.

“Die neute wat in ons melke kom, word soos koninklikes behandel. Daarom is dit wonderlik om dit te sien lewe kry.”

Kyk hier na die neutkuns: 

Foto: Caters/www.MagazineFeatures.co.za

Foto: Caters/www.MagazineFeatures.co.za

Foto: Caters/www.MagazineFeatures.co.za