Volgens die BBC was ouers en ander belanghebbendes Maandag genooi na die Xinshahui-kleuterskool se opening in die Shenzhen, in die suide van China. Woedende ouers het hulself tot die sosiale media gewend toe hulle sien wat op hulle wag.

“Ek weet nie wat die hoof gedink het nie,” was van die kommentaar op Sina Weibo, die gewilde sosialemedia-blog in China wat soortgelyk is aan Twitter.

“Die doel was om die kinders meer te leer oor ’n spesifieke soort dans,” het die hoof, Lai Rong, aan Chinese media gesê, berig die New York Times

Michael Standaert, ’n Amerikaanse joernalis wat in China werk, het video’s op Twitter gedeel en genoem hy wil sy kinders uit die skool te haal. 

Volgens die Evening Standard het die plaaslike opvoedkunderaad intussen reeds die hoof afgedank en ’n ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

Heelwat ouers het aan die Southern Metropolis Daily geê hulle is uiters geskok en reeds besig om hul kinders uit die skool te verwyder, berig die BBC

Bronne: BBCEvening StandardNew York Times