Die polisie sê die verdagte, wat net as Annibal Saul N geïdentifiseer is, het erken hy het die sleutels in die lykswa gesien en besluit om met die voertuig die pad te vat, berig Metro

Tlaquepaque se polisiedepartement sê op hul Facebook-blad die lykswa is voorberei om die lyk van ’n hospitaal in Guadalajara na ’n lykshuis te neem, berig ABC News.

Volgens Independent is dit onduidelik of die dief van die lyk geweet het. 

Die polisie is gou in kennis gestel nadat die lykswa verdwyn het en het dit maklik raakgesien terwyl die verdagte met die voertuig op die stad se hoofweg gery het. 

Die lyk en die lykswa is sonder enige skade teruggekry. 

Bronne: Metro, ABC News, Independent