Dit volg nadat die man verlede Vrydagaand in ’n padblokkade vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Die man het die polisielede aan diens glo al hul dae gegee en het glo geweier om sy samewerking te gee toe die polisie besluit om sy vrou te kontak.

“Die polisie het die man, wat onder die invloed van drank was, se vrou gevra om na die polisiekantoor te kom omdat hulle gesukkel het om inligting uit haar man te kry,” het die polisiewoordvoerder, sers. Sharon Tsotsotso van die Sebenza-polisiekantoor, aan Huisgenoot bevestig.

Hulle het die res van die naweek agter tralies deurgebring tot hulle die Maandagoggend op borgtog vrygelaat is.

Nadat die man, wat na bewering onder die invloed van drank was, se vrou huis toe is, het die polisielede aan diens besef die vrou is met die polisiestempels daar weg.

Polisielede is na die egpaar se huis in Edenvale waar die man, wat reeds agter tralies was, se skoonma eers geweier het om vir die polisie die deur oop te maak.

“Die polisie moes ligte krag gebruik om die perseel te betree. Hulle het die vrou wat vroeër by die polisiekantoor was en die polisiestempels in die huis gevind. 

"Die skoonma is in hegtenis geneem omdat sy die polisie verhinder het om hul plig uit te voer terwyl haar dogter vir diefstal aangekeer is. Hulle is albei na die Sebenza-polisiekantoor geneem waar die man ook aangehou is.

"Hulle het die res van die naweek agter tralies deurgebring tot hulle die Maandagoggend op borgtog vrygelaat is."