Caitlyn Isham (36) van Chicago is so verknog aan haar troetelvark, Porkchop, dat sy die gemaksugtige ot in sy eie stootwaentjie laat ry en in haar bed laat slaap. En watwou, sy het eindelik glad toegesien dat hy in styl afhaak.

Facebook

Caitlyn, wat intussen ook 'n Instagram-portaal, @Porkchop_is_ham, en Facebook-blad (Porkchop the Wicker Park Pig) vir haar troeteldier geskep het, het die 'micro Juliana'-kruising vyf jaar gelede teen sowat $2 000 aangeskaf nadat sy eers haar huiswerk deeglik gedoen het.

Die verkoopsverteenwoordiger het immers gehoor skelms verkoop soms gewone varkies as miniatuurvarke en wanneer eienaars weer sien, sit hulle met 'n ot van 220 kg plus opgesaal.

Teen 35 kg weeg Porkchop omtrent soveel soos 'n Labrador, maar hy weet nogal hoe om sy gewig rond te gooi.

Snout and about #porkchopthepig

A post shared by Porkchop ?? (@porkchop_is_ham) on

Hy wou van jongs af by sy baas inkruip, en sy het toe selfs vir hom 'n soort oprit geprakseer aangesien varke nie vreeslik goed spring nie. Boonop het sy haar instap-klerekas vir hom in 'n kamer omskep: "Dit bied hom sy eie ruimte. Dis ook waar hy hou wanneer ek nie tuis is nie of wanneer hy kwaad is vir my."

Sy reken nou varke is inderdaad so slim soos wat sommige mense sê.

Eenkeer, toe sy by die werk was, het Porkchop self sy oprit van eenkant teen 'n kamermuur af tot teen die kooi geskuif sodat hy by 'n boks Cheerios wat sy op die bed gelos het, kon uitkom. Dié versoete graankos is van sy gunstelingvreetgoed.

I'm 4 today!!! ?????? #itsmybirthday #porkchopthepig #birthdaycaloriesdontcount

A post shared by Porkchop ?? (@porkchop_is_ham) on

En helaas, op 'n kol besluit Caitlyn toe hoewel Porkchop skaflik met honde oor die weg, verveel hulle hom ook dikwels. Hy moes dus 'n maat van sy eie spesie kry.

'n Vriendin van haar ma het toevallig ook 'n miniatuurvarkie genaamd Tulip aangeneem en so reël Caitlyn-hulle toe dat die twee by 'n troeteldierskou afhaak, kompleet met 'n aandpak vir die bruidegom en sluier vir die bruid en troumarsmusiek.

"Porkchop is baie lieftallig, hy's mal oor drukkies. Hy was uitstekende troumateriaal," reken Caitlyn

Bronne: tv3.ie, Facebook, Instagram