’n Vrou het onthul sy wil met haar duvet trou, want “dit gee die beste drukkies” en het haar “die intiemste en betroubaarste verhouding” gegee wat sy nog ervaar het. 

En ons kan eerlikwaar daarby aanklank vind! 

Volgens Metro beplan die kunstenaar Pascale Sellick, van Devon in Brittanje, ’n uitspattige seremonie om met haar geliefde duvet te trou na wie sy liefdevol as haar “sterkste verhouding” verwys.

“Ek is so lief vir my duvet ek wil graag mense uitnooi om my troue met die standvastigste, vertroostendste metgesel van my lewe trou,” het sy aan Pretty 52 gesê.

“My duvet is die langste, sterkste, intiemste en betroubaarste verhouding wat ek nog gehad het. Dis omdat dit altyd daar is vir my en vir my lekker drukkies gee.” 

Die 49-jarige het ’n ope uitnodiging na die plegtigheid uitgestuur wat op Sondag 10 Februarie by Rougemont Gardens in Devon sal plaasvind.

Dit sal glo deur ’n “gratis troupartytjie” opgevolg word.

Volledige beloftes sal uitgelees word. Maar pleks van voor ’n priester, sal dit voor medekunstenaars gedoen word, want die trouery word as “die vreemdste kunsgebeurtenis nog” beskryf.

View this post on Instagram

So excited about my upcoming duvet wedding!

A post shared by Pascale Sellick (@pascalesellick) on

Pascale het bekendgemaak die drag sal ontspanne wees, maar gaste aangemoedig om kamerjasse, pajamas, onesies en pantoffels te dra. 

Gaste kan ook ’n snoesige teddiebeer en warmwaterbottels saambring ingeval dit ’n bietjie koud buite raak. 

“Daar sal musiek en ’n seremonie, lag en vermaak wees.”

Pascale hou die oortreksel wat die duvet sal dra ’n geheim, maar het onthul haar uitrusting sal wollerige pantoffels en ’n nagrok insluit en met ’n kamerjas afgerond word. 

Sy het selfs vir Anna FitzGerald van WooHoo Art Events genader om haar troue te help beplan.

Bronne: Pretty 52, Metro, Her.ie