Matrieks wat met hersiening begin, kan nou ook na nuwe Wiskunde-, Wiskundige Geletterdheid-, Engels Eerste Addisionele Taal- en Geskiedenis-video’s gaan kyk. 

Daar is ook nuwe video’s beskikbaar in die vakke Afrikaans Huistaal, Besigheidstudies en Rekeningkunde. 

Wat is Huisgenoot 100 matriekvrae?

Dit is ’n reeks aanlyn video’s wat dien as ekstra lesse oor matrieks se skoolwerk en bied bykomende studiehulp.

  • Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen. 
  • Onderwysers en tutors verduidelik die onderwerpe, vrae en antwoorde in die video's.
  • Foto’s, sketse en grafika word gebruik om die video’s toeganklik te maak. 
  • Elke video is ongeveer vyf minute lank. 
100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Volg dié stappe om die video’s te kyk

Stap 1

Wanneer jy op Huisgenoot.com is, klik op HG Junior, wat boaan die navigasiebalk is. 

Stap 2

Klik op 100 matriekvrae. Hier sal jy al die vakke en hul beskikbare video’s kry.

100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Teken in!

Stap1: Besoek die App Store of die Play Store op jou foon om die gratis Netwerk24-app af te laai as jy op jou foon wil lees of daar na die video’s wil kyk. Indien jy op jou tablet, rekenaar of skootrekenaar gaan lees, gaan direk na Huisgenoot of Netwerk24 se webtuiste.

Stap 2: Indien ’n volwassene in jou gesin of jou voog reeds ingeteken is op Netwerk24, kan jy die “Meld aan”-knoppie gebruik om jul e-pos-adres en wagwoord in te vul. As julle nog nie ingeteken is op Netwerk24 nie, sal julle ’n profiel moet skep deur op “Word ’n intekenaar” te klik. Registreer dan deur jul persoonlike besonderhede (naam, van, e-posadres en kontaknommer) in te vul en op “Word ’n intekenaar” te klik.

Let op: Daar is nou die opsie van ’n gratis registrasietydperk van 30 dae, en as julle dit kies, sal julle tydens hierdie registrasietydperk gratis na die Huisgenoot 100 matriekvrae-video’s kan kyk. Julle sal egter in hierdie tydperk slegs toegang kry tot Netwerk24 se nuusinhoud en e-koerante, nie tot die e-tydskrifte op die webtuiste nie. Om alles te kan sien en lees, sal julle moet inteken op Netwerk24.

Stap 3: Julle sal herlei word na ’n intekenblad met twee pakkette waaruit julle kan kies. Die gewildste pakket is die opsie wat R99 per maand kos. Dit sal julle onbeperkte toegang gee tot al die inhoud op Netwerk24 en op huisgenoot.com, en ook die 100 matriekvrae-videoreeks.

Stap 4: Netwerk24 bied vier betaalopsies vir nuwe intekenaars. Jou ouers of voog sal moet kies watter opsie hulle verkies en die betaling moet hanteer.

Lekker kyk! Sodra julle ingeteken is, kan jy soveel na die 100 matriekvrae-video’s op huisgenoot.com kyk as wat jy wil. Jy kan dit dan ook weer en weer kyk.

Huisgenoot.com is deel van Netwerk24. Toegang tot die video’s is beperk tot Netwerk24-intekenare of diegene wat geregistreer is vir die 30-dae-gratis-aanbod. Intekenare betaal slegs R99 per maand. Besoek netwerk24.com of laai die app in jou app-winkel af.