Leerlinge wat nie verlede jaar hul matriekeksamen geslaag het nie of om ander redes nie eksamen kon skryf nie, het met dié eksamen ’n tweede kans om hul nasionale senior sertifikaat te verwerf. 

Die eksamen het op 26 Mei begin en eindig op 7 Julie.

Huisgenoot 100 matriekvrae bied ekstra hulp met hersieningswerk.

Wat is 'Huisgenoot 100 matriekvrae'?

Dit is ’n reeks aanlyn video’s wat dien as ekstra lesse oor matrieks se skoolwerk en bied bykomende studiehulp.

• Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen.

• Onderwysers en tutors verduidelik die onderwerpe, vrae en antwoorde in die video’s.

• Foto’s, sketse en grafika word gebruik om die video’s toeganklik te maak.

• Elke video is ongeveer vyf minute lank.

Skermgreep uit 'n Lewenswetenskappe-video
Skermgreep uit 'n video oor die pupil.
100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Wie kan dit kyk?

’n Volwassene, soos een van jou ouers of jou voog, sal vir Netwerk24 moet registreer sodat jy die video’s kan kyk as julle nie reeds ingeteken is op Netwerk24 nie.

Julle kan dan vir die registrasietydperk van 30 dae gratis na die video’s kyk.

Daarna sal die volwassene op Netwerk24 moet inteken sodat julle die video’s nog kan kyk. Dit kos R99 per maand om op Netwerk24 in te teken.

As julle op Netwerk24 inteken, kry julle toegang tot al dié nuusdiens se inhoud, asook die inhoud van tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Kuier, Weg!, WegRy & Sleep, Finweek, Baba en Kleuter en Landbouweekblad.

Julle kry dan ook toegang tot al die inhoud op huisgenoot.com, en daarmee saam al die 100 matriekvrae-video’s.

Klik hier om die video’s te kyk.

Bykomende bron: www.education.gov.za