100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Die laaste jaar van ’n tiener se skoolloopbaan is gewoonlik gevul met hoogtepunte en ’n klompie laastes – van sportbyeenkomste tot die matriekafskeid waarna leerders lank uitsien.

Tog is dit die matriekeksamen en goeie punte wat boaan die meeste matrieks (en dikwels ook hul ouers!) se prioriteitslys is. Of dit nou die Junie-, rekord- of spanningsvolle eindeksamen is, eksamentyd beteken gewoonlik lang ure agter die skoolboeke.

Talle ou vraestelle word soms uitgewerk en dikwels woon matrieks ook ekstra klasse by.

Dit alles om te verseker dat hulle so goed in die eksamen vaar as wat hulle kan. En nou is nóg bykomende studiehulp net ’n klik weg! Huisgenoot se nuwe 100 matriekvrae-videoreeks is spesiaal ontwerp om belangrike konsepte uit die kurrikulum meer verstaanbaar te maak.

Dit help matrieks om van die vrae wat dikwels in die eksamen opduik beter te verstaan en verduidelik hoe om hierdie vrae dan te beantwoord.

Klik hier om na die video’s te kyk. 

Wat is 'Huisgenoot 100 matriekvrae'?

Dit is ’n reeks aanlyn video’s wat dien as ekstra lesse oor matrieks se skoolwerk en bied bykomende studiehulp.

  • Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen.
  • Onderwysers en tutors verduidelik die onderwerpe, vrae en antwoorde in die video’s.
  • Foto’s, sketse en grafika word gebruik om die video’s toeganklik te maak.
  • Elke video is ongeveer vyf minute lank.
Skermgreep uit 'n Lewenswetenskappe-video
Skermgreep uit 'n video oor die pupil.

Watter vakke word behandel?

Foto: Skermgreep.
100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Wie kan dit kyk?

  • ’n Volwassene, soos een van jou ouers of jou voog, sal vir Netwerk24 moet registreer sodat jy die video’s kan kyk as julle nie reeds ingeteken is op Netwerk24 nie.
  • Julle kan dan vir die registrasietydperk van 30 dae gratis na die video’s kyk.
  • Daarna sal die volwassene op Netwerk24 moet inteken sodat julle die video’s nog kan kyk. Dit kos R99 per maand om op Netwerk24 in te teken.
  • As julle op Netwerk24 inteken, kry julle toegang tot al dié nuusdiens se inhoud, asook die inhoud van tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Kuier, Weg!, WegRy & Sleep, Finweek, Baba en Kleuter en Landbouweekblad.
  • Julle kry dan ook toegang tot al die inhoud op huisgenoot.com, en daarmee saam al die 100 matriekvrae-video’s.
100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.
100 Matriekvrae
Foto: Skermgreep.

Volg dié stappe om die video’s te kyk

Stap 1

Wanneer jy op Huisgenoot.com is, klik op HG Junior, wat boaan die navigasiebalk is. 

Stap 2

Klik op 100 matriekvrae. Hier sal jy al die vakke en hul beskikbare video’s kry.

Teken in!

Stap1

Besoek die App Store of die Play Store op jou foon om die gratis Netwerk24-app af te laai as jy op jou foon wil lees of daar na die video’s wil kyk.

Indien jy op jou tablet, rekenaar of skootrekenaar gaan lees, gaan direk na Huisgenoot of Netwerk24 se webtuiste.

Stap 2

Indien ’n volwassene in jou gesin of jou voog reeds ingeteken is op Netwerk24, kan jy die “Meld aan”-knoppie gebruik om jul e-pos-adres en wagwoord in te vul.

As julle nog nie ingeteken is op Netwerk24 nie, sal julle ’n profiel moet skep deur op “Word ’n intekenaar” te klik. Registreer dan deur jul persoonlike besonderhede (naam, van, e-posadres en kontak-nommer) in te vul en op “Word ’n inteke-naar” te klik.

Let op: Daar is nou die opsie van ’n gratis registrasietydperk van 30 dae, en as julle dit kies, sal julle tydens hierdie registrasietyd-perk gratis na die Huisgenoot 100 matriekvrae-video’s kan kyk.

Julle sal egter in hierdie tydperk slegs toegang kry tot Netwerk24 se nuusinhoud en e-koerante, nie tot die e-tydskrifte op die webtuiste nie. Om alles te kan sien en lees, sal julle moet inteken op Netwerk24.

Stap 3

Julle sal herlei word na ’n intekenblad met twee pakkette waaruit julle kan kies. Die gewildste pakket is die opsie wat R99 per maand kos.

Dit sal julle onbeperkte toegang gee tot al die inhoud op Netwerk24 en op huisgenoot.com, en ook die 100 matriekvrae-videoreeks.

Stap 4

Netwerk24 bied vier betaalopsies vir nuwe intekenaars. Jou ouers of voog sal moet kies watter opsie hulle verkies en die betaling moet hanteer.

Lekker kyk!

Sodra julle ingeteken is, kan jy soveel na die 100 matriekvrae-video’s op huisgenoot.com kyk as wat jy wil. Jy kan dit dan ook weer en weer kyk.

  • Huisgenoot.com is deel van Netwerk24. Toegang tot die video’s is beperk tot Netwerk24-intekenare of diegene wat geregistreer is vir die 30-dae-gratis-aanbod. Intekenare betaal slegs R99 per maand. Besoek netwerk24.com of laai die app in jou app-winkel af.