Dis nie maklik om aan te voel of te verstaan wanneer jy of ’n familielid ontwater is nie. Wanneer jy honger is, koud kry of moeg is, is jou eerste instink om ’n peuselhappie te gryp, warm aan te trek of ’n uiltjie te gaan knip. Wanneer ons dors is, sal ons water of die naaste drankie drink, maar dikwels drink ons nie genoeg water nie. Dis ’n oënskynlike klein taak, maar as jou liggaam nie genoeg vloeistowwe inkry nie, kan dit tot ontwatering lei.

Ontwatering is ’n ernstige gesondheidsprobleem, en dis nie altyd so maklik om dorsheid te identifiseer nie. Dít is waarna jy moet uitkyk en hoe jy dit kan behandel.

Wat is ontwatering? 

Ons liggaam het water nodig om te funksioneer en tot 60% van die liggaam se gewig bestaan uit water.1A Dis hoekom ons die watervlakke konstant moet hou om die liggaam gesond en in goeie toestand te hou. Ons kry ons waterinhoud van dít wat ons drink en eet.

Ontwatering kom voor wanneer die hoeveelheid water wat die liggaam verlaat, meer is as die hoeveelheid wat ingeneem word. 1B

Of jy ’n bedrywige mamma of ’n aktiewe kind is, dis belangrik om die vloeistof te vervang wat verlore gaan. Enigeen kan ontwater, maar die toestand is veral gevaarlik vir jong kinders en ouer volwassenes. 2A

Ons verloor water wanneer ons asemhaal en bevogtigde lug die liggaam verlaat (soos op ’n koue dag wanneer jy jou asem in die lug kan sien – dis water wat uitgeasem word) asook wanneer ons sweet, urineer of opelyf het. 1C

Wat veroorsaak ontwatering?Algemene oorsake sluit in: Diarree, braking, sweet, diabetes (verhoogde bloedsuikervlakke kan veroorsaak dat suiker in die urine beland, wat jou laat urineer), brandwonde (beskadigde vel kan nie verhoed dat vloeistof uit die liggaam sypel nie) – asook die onvermoë om water te drink wanneer jy naar of siek voel. 1D

Die algemeenste oorsaak van ontwatering in jong kinders is erge diarree en braking. Ouer volwassenes het van nature ’n laer volume water in hul liggaam en het dalk voorafbestaande toestande of gebruik medikasie wat die risiko vir ontwatering verhoog.2B

Wees op die uitkyk na die volgende: 

Met babas of jong kinders:

  • Droë mond en tong2C
  • Geen trane wanneer hulle huil nie2C
  • Geen nat doeke vir drie uur nie2C
  • Ingesonke oë en wange2C
  • Ingesonke sagte plekkie op skedel2C
  • Lusteloosheid of prikkelbaarheid2C

Met volwassenes:

  • Uiterste dorsheid2D
  • Minder gereelde urinering2D
  • Donker urine2D
  • Moegheid2D
  • Duiseligheid2D
  • Verwardheid2D

Hoeveel water moet ons drink? 

Daar word gereeld vir ons gesê dat ons agt glase water per dag moet drink, en dit is ’n goeie gids, maar die hoeveelheid water wat ons benodig, hang af van baie faktore soos gewig, ouderdom, die hoeveelheid vloeistowwe wat verlore gaan en hoe aktief ons is. Die Amerikaanse nasionale akademie van wetenskappe, ingenieurswese en geneeskunde beveel aan dat mans 15,5 koppies (3,7 liter) vloeistowwe en vroue 11,5 koppies (2,7 liter) per dag inkry, volgens die Mayo Clinic.3A Daar is ’n paar basiese maniere om vas te stel of jy effens ontwater is. Jou vloeistof-inname is waarskynlik voldoende as:

*Jy selde dors voel.3B

* Jou urine kleurloos of liggeel is.3B ’n Dokter of geregistreerde dieetkundige kan vasstel hoeveel water jy elke dag benodig.3B

Wat is die stap-vir-stap behandeling vir iemand wat ontwater is? 

1. Skuif die pasiënt na ’n koel area. Dit sal verhoed dat hulle vog deur sweet verloor. 

2. Hou die pasiënt stil – laat hulle sit of lê. Dit sal verhoed dat hulle hulself ooreis of flou word. 

3. Gee vir die pasiënt klein hoeveelhede water.

4. ’n Rehidrasie-aanvulling soos Nudrate is die ideale manier om vloeistowwe te vervang. Dit bestaan uit orale rehidrasiesoute en die noodsaaklike elektroliete wat jou liggaam benodig. Sorg dat jy die sakkies, wat maklik is om te gebruik, tuis het sodat jou gesin gedek is wanneer dit nodig is. 

Kliek hier om Nudrate te koop en kies die geur van jou keuse. 

powered by Typeform


Besoek nudrate.co.za vir meer inligting.

Raadpleeg die verpakking vir volledige voorskrifinligting.

* Let wel: Die gesondheidsverwysings is deur ’n eksterne kliënt verskaf. Orale rehidrasiesoutterapie is doeltreffend om die vroeë stadium van ontwatering te behandel. Raadpleeg ’n geneesheer wanneer die simptome van ontwatering behandel word, veral met babas en verswaktes.

Verwysings: 1. Wedro, B.Dehydration Symptoms, Signs, Headaches & Other Effects. [Aanlyn]. Van MedicineNet: https://www.medicinenet.com/dehydration/article [Verkry op 28 Julie 2020]. 2. Mayo Clinic Staff. Dehydration Symptoms and Causes. Van Mayo Clinic: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dehydration/symptoms-causes/syc-20354086?p=1 [Verkry op 28 Julie 2020]. 3. Healthy Lifestyle – Nutrition and healthy eating. [Aanlyn]. Van MayoClinic: https://www.mayoclinic.org/healthy-lifestyle/nutrition-and-healthy-eating/in-depth/water/art-20044256?pg=2) [Verkry op 28 Julie 2020]

S0 Nudrate®. Elke sakkie van 5,3g bevat: Natriumsitraat 0,73g, kaliumchloried 0,38g, natriumchloried 0,65g, dekstrose 3,38g. Raadpleeg die verpakking vir volledige voorskrifinligting. Nog inligting is op versoek van die aansoeker beskikbaar. Aanvullende medikasie. Hierdie ongeregistreerde medikasie is nie deur die SAHPRA geëvalueer vir gehalte, veiligheid of bedoelde gebruik nie. Aansoeker: Costiway (Edms) Bpk. Bemark deur: Ranbaxy (SA)(Edms) Bpk Grondvloer, Tugela-huis, Riverside Office Park, 1303 Heuwellaan, Centurion, 0046. Tel: +27 (0)12 643 2000. Webtuiste: www.sunpharma.com