Jy het dalk nog nie van orale rehidrasiesoute (MRS) -terapie gehoor nie, maar jy of ’n gesinslid het waarskynlik al dehidrasie ervaar. 

Hoe raak dit ernstig?

Dehidrasie kom voor wanneer ons baie vloeistowwe in die liggaam verloor en ons meer water verloor as wat ons inneem.1 Die uitwerking wissel van matig tot lewensgevaarlik.

Rehidrasie is vir almal belangrik, maar dehidrasie by babas en bejaardes, wat veral daarvoor vatbaar is, kan vinnig gevaarlik raak.Dehidrasie kan ernstige toestande veroorsaak, onder meer nierversaking, skok of selfs ’n koma.1

Waarvoor moet jy uitkyk?

Simptome sluit in ’n droë mond en tong, hartkloppings, verminderde urienuitskeiding, lighoofdigheid, geen nat doek in drie uur by babas, en naarheid en braking. 1, 2

Hetsy jy van diarree, ’n hoë koors of ’n strawwe oefensessie herstel, dit is noodsaaklik om die liggaam te rehidreer. As dehidrasie onbehandeld gelaat word, kan dit tot ernstige siekte en selfs die dood lei.

Dit is waar orale rehidrasiesoute (ORS) ’n rol speel. Dit is ’n elektrolietoplossing wat gebruik word om die liggaam te hidreer en vir die verlies van liggaamsoute en -minerale te vergoed. 3

Wêreld-ORS-dag 

Wêreld-ORS-dag word op 29 Julie gedenk om die boodskap te versprei van hoe belangrik dit is om te hidreer om dehidrasie te vermy – dehidrasie word dikwels veroorsaak deur iets so algemeen soos akute diarree.3

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) steun die afgelope 25 jaar ’n eenvoudige oplossing om dehidrasie weens diarree te bekamp en uitskeiding te help verminder. Jy het dit dalk selfs by die huis beproef as ’n boereraat.

Dit is ’n kombinasie van water, suiker en sout – eenvoudige huishoudelike bestanddele wat ’n lewe kan red!  Dit is baie belangrik om die regte hoeveelhede van elke bestanddeel in te sluit, en hoewel ma’s superhelde is, is die meeste van ons nie wetenskaplikes nie. Dis hoekom produkte soos Nudrate so nuttig is. Die spesiale formule help ma’s om hidrasie veilig te herstel en almal weer aan die gang kry.4

Maak bloot seker jy het dit in jou noodhulptas of medisynekas – en wees gereed wanneer iemand in jou huishouding in nood is.Nudrate bevat die ideale balans van gehaltebestanddele en voldoen aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se standaardformuleringsvlakke. Dit kan selfs vir babas so jong as drie maande gegee word.4, 4

Nudrate
Nudrate in swartbessie- en sitrusgeur

Meer oor Nudrate

  • Nudrate help met die herstel van elektrolietbalans en rehidrasie.4
  • Dit bespoedig die liggaam se herstel. 
  • Dit is maklik om by die huis te maak – voeg net water by en kies tussen die swartbessie- en sitrusgeur. 4 Jy het ook die opsie om jou Nudrate met of sonder kos te drink.4
powered by Typeform


Klik hier om Nudrate te koop en jou voorkeurgeur te kies. 

Besoek nudrate.co.za vir nog inligting.

Verwys na die pamflet in die verpakking vir volledige voorskrifinligting. *Let wel: Die gesondheidsverwysings is deur ’n eksterne kliënt verskaf. Orale rehidrasiesoutterapie is doeltreffend om met die behandeling van die vroeë fases van dehidrasie te help. Raadpleeg ’n mediese kenner wanneer jy die simptome van dehidrasie behandel – veral by babas en verswaktes. Verwysings: 1. Wedro, B. Dehydration Symptoms, Signs, Headaches & Other Effects. [Aanlyn]. Van MedicineNet: https://www.medicinenet.com/dehydration/article.htm [Besoek op 15 Julie 2020]. 2. Mayo Clinic-personeel. Dehydration Symptoms and Causes. Van Mayo Clinic: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dehydration/symptoms-causes/syc-20354086?p=1 [Besoek op 15 Julie 2020]. 3. Nudrate-pamflet in verpakking. 4. Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), Kindergesondheid en -ontwikkeling. ORAL REHYDRATION SALTS (ORS): A NEW REDUCED OSMOLARITY FORMULATION. Van Rehydrate.org: http://www.rehydrate.org/ors/expert-consultation.html [Besoek op 15 Julie 2020].S0 Nudrate®. Elke 5,3 g-sakkie bevat: Natriumsitraat 0,73 g, kaliumchloried 0,38 g, natriumchloried 0,65 g, dekstrose 3,38 g. Verwys na die pamflet in die verpakking vir volledige voorskrifinligting. Nog inligting is op versoek by die aansoeker beskikbaar. Aanvullende geneeskunde. Die ongeregistreerde medisyne is nie deur SAHPRA vir gehalte, veiligheid of bedoelde gebruik geëvalueer nie. Aansoeker: Costiway (Edms.) Bpk. Bemark deur: Ranbaxy (SA)(Edms.) Bpk. Grondverdieping, Tugela-huis, Riverside-kantoorpark, Heuwellaan 1303, Centurion, 0046. Tel: 012-643-2000. Webtuiste: www.sunpharma.com