Die voordele van aanlyn koop is volop: geen verkeer, mensegedrang of lang toue nie. Met jou slimfoon, selfoon of rekenaar kan jy te alle tye jou aankope doen, maak nie saak waar jy is nie. En jy het talle keuses.

Buiten inkopieweb­tuistes soos Loot en Takealot is winkelgroepe soos Woolworths, Edgars, Foschini en Pick n Pay se rakke ook aanlyn, en dit word voor jou deur afgelewer.

Oor­weeg jy dit om dié feestyd die winkels met ’n vingerklik pleks van jou voete te besoek? Volg dié wenke vir ’n bevredigende koopervaring.

1. ‘Kyk rond’ vir winskopies

Vergelyk die pryse van die item waarna jy soek op verskillende webtuistes. Aanlyn handelaars bied op verskillende tye spesiale aanbiedings. Pasop vir handelaars wat die “oorspronklike prys” van produkte opblaas sodat dit lyk asof hul afslag groter is.

Byvoorbeeld: ’n Spesifieke legkaart se oorspronklike prys is R300; jy kry 30% afslag en betaal dus net 

2. Die aflewe­ringskoste en tyd

Vind uit wat die afleweringskoste is en tel dit by die koopprys sodat jy weet wat jy eindelik sal betaal.

Dalk is dit goedkoper om fisiek na die winkel te ry.Die meeste aanlyn handelaars bied gratis aflewering as ’n gespesifiseerde minimum bedrag bestee word.

Byvoorbeeld: R350 (Loot), R500 (Foschini) en R450 (Takealot). Maar as jy kitsaflewering wil hê, sal jy moet betaal.

Die afleweringsinligting word gewoonlik op die webtuiste verduidelik. Nader aan Kerstyd neem die volume van aanlyn inkopies toe; dus kan aflewerings vertraag word.

As jy haastig is om die produk te kry, moet jy die afleweringstydperke van verskillende handelaars vergelyk. Handelaars wat dit reeds in voorraad het, kan dit dikwels vinniger aflewer. 

3. Kan jy die produk terugbesorg?

Aanlyn winkels se teruggeebeleid behoort op hul webtuistes te verskyn. Vra of jy dit self sal moet terugneem en of hulle dit sal kom haal. Vra ook of daar ’n fooi gehef sal word. En as jy iets teruggee, sal hulle die koopbedrag direk in jou rekening inbetaal? 

Of is daar moontlik die opsie van ’n koopbewys, vir dieselfde bedrag, wat jy aan iets anders op hul webtuiste kan bestee? 

4. En as die produk beskadig is?

Die aanlyn winkel se waarborgbeleid behoort op die webtuiste verduidelik te word. As jy beskadigde of foutiewe produkte ontvang, moet dit gewoonlik binne ’n sekere tydperk, byvoorbeeld sewe dae, aangemeld en terug­gestuur word.  

Elektroniese toestelle en duur produkte het moontlik ’n waarborg deur die vervaardiger, maar jy kan steeds die aanlyn winkel kontak, wat dit dan self met die vervaardiger sal opneem.

Sommige aanlyn winkels het ook hul eie waarborg vir duur toestelle.

5. Hoe weet ek die transaksie is veilig?

Die aanlyn winkel se waarborgbeleid behoort op die webtuiste verduidelik te word. As jy beskadigde of foutiewe produkte ontvang, moet dit gewoonlik binne ’n sekere tydperk, byvoorbeeld sewe dae, aangemeld en terug­gestuur word.  

Elektroniese toestelle en duur produkte het moontlik ’n waarborg deur die vervaardiger, maar jy kan steeds die aanlyn winkel kontak, wat dit dan self met die vervaardiger sal opneem.

Sommige aanlyn winkels het ook hul eie waarborg vir duur toestelle.

6. Word jou inligting beskerm?

Die aanlyn winkel se privaatheidsbeleid is gewoonlik op die webtuiste beskikbaar. Tensy jy spesifiek toestemming gee, behoort jou inligting nie met enige derde party, soos bemarkingsgroepe, gedeel te word nie. 

7. Kan jy die verskaffer kontak? 

Kyk watter kontakinligting op die webtuiste beskikbaar is en op watter tye die kontaksentrum oop is.

Goeie winkels het die telefoonnommers wat jy kan skakel vir produk-, betalings- en afleweringsnavrae op hul tuisblad. 

Kry hier nog raad

  • www.getsafeonline.org
  • Banke se webtuistes het veiligheidsafdelings waar jy oor die jongste bedrogskemas kan lees.
Kontak ons
  • Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com.
  • E-pos sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.