1. HAARVERLIES OF -VERDUNNING 

Stres en ouderdom is van die oorsake van haarverlies. Hou op om jou hare te kleur of styf in ’n poniestert vas te maak. Masseer weekliks jou kopvel om bloedtoevloei te verbeter – dit kan haargroei effens bevorder.

MPL Relaxation Oil R31 vir 125 g

2. VAAL HARE

Dit val nie uit of voel droog nie, maar jou hare lyk nie goed nie. Beproef ’n ligte olie met veelvuldige voordele, soos Brasiliaanse neutolie, om jou hare te help verfris en glans te gee.

Schwarzkopf Bonacure Hairtherapy Oil Miracle­Talent 10 Brazilnut Oil R377 vir 100 ml

3. WILDE HARE 

Die geheim om wilde hare te tem is om dit met ’n gladmaakproduk te behandel terwyl dit nog klam is. Die produk wat jy aanwend, sal die hare in bedwang hou terwyl dit droog word. Wend ’n gladmaakbalsem met hittebeskerming aan wanneer jy jou hare droogmaak.

L’Oréal Studio Pro Sleek It Ultra Smoothing Balm R95,99 vir 150 ml

4. SENSITIEWE KOPVEL 

Sterk produkte meng dikwels met die kopvel se natuurlike suurvlakke in. Dit kan irritasie veroorsaak en daartoe lei dat jou kopvel minder verdraagsaam raak vir die meeste, indien nie alle, produkte nie. Gebruik ’n sagwerkende sjampoe wat die kopvel kalmeer en streel.

BioNike Defence Hair Pro Dermo Soothing Ultra Gentle Shampoo R165 vir 400 ml

5. OLIERIGE HARE 

Is jou hare olierig? Jy het dit dalk lank laas gewas, lei ’n aktiewe leefstyl of het van nature olierige hare. Beproef droë sjampoe. Dit verfris die hare deur die olie te absorbeer, gee volume en ruik heerlik.

Colab Active Dry+ Shampoo R79,95 vir 200 ml

6. KROES EN WEGSTAANHARE 

Statiese elektrisiteit en wegstaanhare bederf die mooiste haarstyl. Die geheim is om kroeserigheid en wegstaanhare te tem voor dit te voorskyn kom deur dit met ’n ligte bevogtiger af te weer.

Label.M Weightless Hairspray R240 vir 300 ml

7. SKILFERS 

Skilfers is ’n pyn, want jy kan dit nie waag om in die openbaar aan jou kopvel te raak nie. Al krap jy net effens, kan die skilfers dalk wys. Raak daarvan ontslae met ’n skilfersjampoe-en-opknapper.

Head & Shoulders 2in1 Purely Gentle Scalp Care Dandruff Shampoo & Conditioner R75,95 vir 400 ml

8. GESPLETE PUNTE 

Bestry gesplete punte deur jou hare met ’n T-hemp droog te druk nadat jy dit gewas het, dit droog te blaas met die droër se kop wat na onder wys en aan so min moontlik hitte bloot te stel. Wend gereeld arganolie aan om die gesplete punte te seël.

Nature’s Nourishment Argan Oil Nourishing Oil R59,95 vir 50 ml

9. FYN HARE 

Fyn hare is nie maklik om te hanteer nie omdat dit so broos is, en dit stileer ook nie goed nie. Gebruik ’n verdigtingsjampoe of -opknapper om die hare dikker te laat lyk en volume te gee.

Avon Advance Techniques Miracle Densifier Conditioner R57,90 vir 250 ml

10. STADIGE GROEI 

Jy wag al hoe lank geduldig dat jou hare groei tot die lengte wat jy verkies, maar dit kom net nie daarby uit nie. Gee dit ’n hupstoot met ’n produk wat volop kafeïen bevat. Dit kan die bloedvloei verhoog en jou haargroei stimuleer.

Marc Anthony Grow Long Caffeine Ginseng Leave-In R169,95 vir 250 ml

11. JEUKENDE KOPVEL

’n Jeukerigheid hier en daar is normaal, maar as jou kop gereeld jeuk, moet jy ’n produk gebruik wat vir jou verligting bied. Beproef ’n teenjeuksproei of -produk met ’n spuitstuk wat tot by die kopvel kom.

Bioderma Nodé DS+ Shampooing R219,95 vir 125 ml

12. VINNIG DROOG

Is jy altyd haastig? Met die regte hulpmiddels sal dit nie ’n ewigheid duur om jou hare droog te maak nie en kan jy in die helfte van die tyd klaarmaak. Gebruik ’n spleetborsel, want dit ontkoek die hare. En omdat lug deur die borsel vloei, word die hare vinniger droog.

GHD Ceramic Vented Brush in Size 3 R350

13. KRY VINNIG LENGTE 

Kry onmiddellik lengte sonder om ure in die salon deur te bring. Belê in ’n stel aanknipverlengings van menslike hare. Dit kan op verskillende maniere gekleur en gestileer word om jou voorkoms te verander. Versorg dit met sjampoe en opknapper.

ClipinHair Clip in Extensions 16” in Dark Brown R1 700

14. BESKADIGDE HARE 

Om gedurig jou haarstyl te verander of hitte en chemikalieë te gebruik plaas stremming op hare en beskadig dit. Gebruik dan proteïen aan jou hare om dit te help herstel. Hare word ook opgebou uit ’n proteïen wat keratien genoem word. 

Label.M Protein Spray R295 vir 250 ml

15. GEBREK AAN VOLUME 

Jy het taamlik gesonde hare, maar dit het nie volume nie. Gebruik ’n sjampoe en opknapper wat volume gee. Skep dan sagte krulle met ’n krultang en borsel die krulle met jou vingers uit nadat dit afgekoel het. 

Creightons Volume Pro­Conditioner R49,99 vir 250 ml

16. DROË EN BROS HARE 

’n Stresvolle leefstyl en ongesonde eetgewoontes kan tot ongelukkige hare bydra, so ook die verkeerde produkte vir jou haarsoort. Jy kan die skade herstel deur ’n weeklikse masker aan te wend. Dit is propvol noodsaaklike bestanddele wat jou hare se gesondheid en vogvlakke sal herstel. 

Kardashian Beauty Black Seed Oil ­Liquid Hydration Masque R395 vir 147 ml

17. VINNIGE LIGSTREPIES 

Deesdae is die neiging in skoonheid om tyd te bespaar. Nou kan jy in ’n kits ligstrepies kry sonder om ure lank in die salon te wag. Skud net die houer en spuit die produk aan die verlangde seksies van jou hare. 

Label.M Blonde Highlighting Toner R240 vir 150 ml

18. GRYS WORTELS 

Dis in daardie ongemaklike tyd tussen salonbesoeke wanneer grys hare kop uitsteek. Trek ’n tydelike maar volmaakte oplossing nader wat dit onmiddellik sal bedek. Die kleur sal met net ’n paar hale aan die hare kleef en net met seep afkom. 

Everpro Beauty Zero Grey in Light Brown R225 vir 3,7 g

19. MAKLIK GLAD 

As jy jou hare gewas en lugdroog laat word het en nou lus voel om dit vinnig reguit te maak sonder om eers ’n haardroër te gebruik, het jy nou die kans. Trek bloot die borsel deur ’n seksie van jou hare op ’n slag vir gladder hare.

Babyliss Liss Brush 3D Hot Straightening Brush R799

20. KLEURBESKERMING 

Niks is so frustrerend soos om te sien hoe jou nuwe haarkleur saam met die sjampoeborrels in die drein afspoel nie. Beskerm jou kleur met ’n sjampoe en opknapper wat spesifiek geskep is om gekleurde hare te beskerm. 

Revlon ColorSilk Bold Black ColorStay Nourishing Conditioner R69,99 vir 250 ml


Kry dit hier

Avon 0860- 102-345; Babyliss (Clicks 0860- 254-257); Bioderma (Clicks 0860-254-257); BioNike (Dis-Chem 0800-201-170); Clipinhair clipinhair.co.za; Colab (Clicks 0860-254-257); Creighton’s (Pick n Pay 0800-112-288); Everpro (Clicks 0860-254-257); ghdhair.com; Head & Shoulders (Clicks 0860-254-257); Kardashian Beauty takealot.com; Label.M retailbox.co.za; L’Orèal 0860-102-491; Marc Anthony (Clicks 0860-254-257); MPL HAIR takealot.com; Nature’s Nourishment (Dis-Chem 0800-201-170); Revlon 011-971-0812; Schwarzkopf 082-770-9809

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie