Hier is 'n paar boererate teen die ewige genies.

Probeer dit:

  • Kry genoeg vitamien C in om jou immuunstelsel te versterk.
  • Kry by 'n gesondheidswinkel aalwynsap en drink dit - dit werk soos 'n antihistamien deur inflammasie in die neus en keel te help verminder.
  • Neem elke dag drie lepels heuning wat in jou omgewing geproduseer is - dit kan jou immuniteit teen sekere tipes stuifmeel in jou omgewing help versterk.
  • Smeer 'n bietjie petroleumjellie in jou neusgate. Dit klink dalk walglik, maar dit vang die stuifmeel op en keer so dat dit die slymvliese in die neus irriteer.
  • Eet minder suiwel, want dit help die vorming van slym aan. Jy gaan baie beter voel as jy minder suiwel eet.

Hierdie wenke het oorspronklik verskyn in Huisgenoot van 20 November 2003