Wat is gesigolies?

Die olies is gewoonlik van plante afkomstig, ongegeur en voordelig vir verskillende velsoorte. Dit is nievetterig, lig en word goed deur die vel opgeneem om ’n mens ’n stralende gloed te gee. Dit dien ook as draer en versperring vir die vel en help ander velsorgprodukte beter absorbeer.

Hoekom het jy gesigolie nodig?

  • Droë vel Gesigolie help verlig droë kolle en skilfering deur die vel diep te bevog.
  • Olierige en akneevel Jy is dalk huiwerig om nog olie aan jou gesig te smeer, maar gesigolies kan die vel se natuurlike olievlakke balanseer en die vervaardiging van sebum, wat puisies en verstopte porieë veroorsaak, verminder.
  • Verouderende vel Gesigolies dring die vel diep binne en laat dit uitdy; so maak dit fyn lyne en plooie minder opsigtelik.
  • Vaal vel Benewens die vog wat dit gee, is gesigolies propvol vitamiene en antioksidante wat die vel help voed en beskerm terwyl dit die vel stralend laat lyk.

Pas dit by jou roetine in

  • Voeg gesigolie by jou bevogtiger as jy voel jou bevogtiger is onvoldoende.
  • Jy kan ook ’n paar druppels gesigolie by jou serum voeg.
  • Anders kan jy gesigolie aanwend pas nadat jy jou vel gereinig het en voor jy serum of bevogtiger aansmeer. Wend altyd sonskerm laaste aan.
  • Die beste raad is om gesigolies saans aan te wend, tensy jy ’n droë vel het; wend dit dan soggens en saans aan.

Probeer dié produkte

Smashbox Photo Finish Primer Oil R520
Eco Products Baobab Oil 50 ml R167,60
Ingram’s Pure Tissue Oil Gel 50 ml R65,95
L’Oreal Age Perfect Extraordinary Face Oil 30 ml R270
B·O·N Rose Hip Serum 30 ml R175
Elizabeth Arden Eight Hour Cream All-Over Miracle Oil 100 ml R395
Justine Tissue Oil Gold SPF 25 50 ml R490
Lipidol Overnight Face Oil 50 ml R89,95
Eucerin Elasticity+ Filler Facial Oil 30 ml R399,99
Soil Organic Carrier Oil Rosehip 30 ml R100
Draer-olie
’n Draer-olie help jou vel om ander produkte beter op te neem.
EKSTRA BRONNE: PAULASCHOICE.COM, REFINERY29.COM
Kry dit hier

B·O·N bonnaturaloils.co.za; Eco products ecoproducts.co.za; Elizabeth Arden 021-597-1700; Eucerin 0860-102-091; Ingram’s 0860-101-107; Justine 0860-102-345; Lipidol (clicks 0860-254-257); L’Oréal 0860-102-491; Smashbox 021-702-3466; Soil soil.co.za 

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.