Selluliet behandeling
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Wat is selluliet?

Selluliet is die ingeduikte en onegalige vel wat op die oppervlak van verskeie dele van die lyf verskyn.

“Na raming het tot 90% vroue selluliet,” sê Jennifer Chwalek, ’n dermatoloog by Union Square Laser Dermatology in New York, aan womenshealth.com.

Dit kan nie voorkom word nie – en die risiko verhoog met ouderdom weens ’n slegte leefstyl. En al raak dit die meeste vroue en is dit skadeloos, is dit onooglik en gewoonlik ongewens.

Wat veroorsaak dit?

Baie mense glo selluliet word net deur te veel vet in die liggaam veroorsaak. En al dra die versameling van vet tot selluliet by, speel die dikte van jou vel, liggaamsvetpersentasie, genetika en ouderdom ook ’n rol.

Die graad het ook te doen met hoe die bindweefsel, vet en spiere onder die vel versprei is, en dit verskil vir elke mens.

’n Opbou van vet onder die vel se oppervlak druk die bindweefselbande op en trek dit af en veroorsaak die onegaligheid. Mans het nie dikwels selluliet nie, want hul bindweefsel, vet en spiere is anders as dié van vroue saamgestel.

Swanger vrou
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

NOG OORSAKE SLUIT IN

  • Swangerskap
  • Hormone
  • Onaktiwiteit
  • Swak
  • dieet

Is dit moeilik om te verwyder?

Al kan jy selluliet nie op jou eie verwyder nie, kan jy dit met verskillende metodes minder opsigtelik laat lyk. Mediese prosedures kan jou beter resultate help behaal.

Die beste maniere om dit tuis te behandel

Die metodes onder is goed as jy selluliet in toom wil hou. Dit verwyder dit dalk nie, maar sal dit minder opsigtelik maak.

Selluliet behandeling
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

OEFENING

Krag- en kardio-oefeninge is ’n doeltreffende manier om vet te elimineer. Terwyl kardio- oefeninge vet verbrand, help kragoefeninge die spiere versterk en laat dit die vel gladder lyk. Teiken die probleemareas vir sigbaarder resultate.

MASSEERING/DROOG BORSEL

Dit verhoog limfdreinering en verbeter so die uitskeiding van afval en gifstowwe wat in die vetlaag geberg is. Dit kan ook jou velweefsel versterk, wat weer sellulietkuiltjies kan uitrek.

DIEER/LEEFSTYLVERANDERING

Die uitskakeling van verwerkte kosse, suiker, drank en stysel sal liggaamsvet help verminder. Kies maer proteïene en groente.

Om meer water te drink kan ook help. Dit hou jou nie net gehidreer nie; dit moedig ook sirkulasie en limfvloei aan.

MEDIES

Mediese prosedures werk goed vir hardnekkige selluliet, want dit behandel dit op ’n dieper vlak as rome. Jy kan die resultate wat jy van jou behandeling kry, onderhou met oefening, verslanking en rome.

Klinieke en boetieks het die nuutste tegnologie wat infrarooi lig en radiofrekwensie- energie gebruik om die vetselle sagkens te verhit om dit af te breek. Die behandeling is veilig en nie indringend nie.

’n Mens kan ’n paar sessies oor ’n paar weke nodig hê. Verwag om van R2 000 tot R9 000 te betaal, afhangend van die getal sessies en die areas wat jy wil laat behandel.

Die behandelings is gewoonlik korter as ’n uur en verg min tot geen tyd af. Dit sal vir elke mens verskil.

Dit is belangrik om te besef die resultate aan die bobene sal nie permanent wees nie en jy sal waarskynlik herhaalde prosedures moet ondergaan om die kuiltjies weg te hou.

Selluliet behandeling
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Is rome doeltreffend en hoe werk dit?

Sellulietrome is gewild en redelik geprys, want dit is goedkoop en maklik om te gebruik. Maar is dit doeltreffend?

“Daar is bewyse dat dit werk deur lipolise te bevorder, kollageen te stimuleer en bloedvloei en limfdreinering te verhoog,” sê Jennifer.

Die meeste sellulietrome bevat bestanddele wat die bogenoemde proses aanmoedig. Dit is:

RETINOL

Retinol stimuleer die vervaardiging van kollageen en kan gevolglik die opsigtelikheid van selluliet verminder.

KAFEÏEN

Kafeïen dehidreer die vel en stimuleer die afbreking van vet. Hoewel daar geen permanente behandeling vir selluliet is nie, bied rome tydelike en oppervlakkige resultate. Dit duur ook ’n taamlike tyd voor die resultate sigbaar is.

EKSTRA BRONNE: WIFH.COM, VOGUE.COM, HEALTHLINE.COM, WBMD.COM, WOMENSHEALTHMAG.COM, SKINPHD.CO.ZA, SKINRENEWAL.CO.ZA, HUFFPOST.COM