Die waarde van om jou eie liggaamsgewig vir 'n oefensessie te gebruik word baie maklik onderskat, meen Ceri Hannan van Virgin Active.

Al wat jy nodig het vir optimale fiksheid, is jou eie liggaamsgewig.

Ceri lig vyf voordele van ligaamsgewigoefeninge uit: 

1. Hoe uitsette, lae belegging (high input, low investment)

Die grootste voordeel van liggaamsgewigoefeninge is om sterker te word sonder om ure elke week aan oefening te bestee. 'n Kort, volle oefeningsroetine kan oefeninge soos lunges, squats en crunches insluit met kort rusperiodes tussenin. Hierdie oefeninge bou spiere baie vining. 

2. Beter balans en buigsaamheid

Om op jou eie liggaam te steun vir oefening verbeter jou balans en buigsaamheid. 'n Volle liggaamsroetine versterk jou spiere en ledemate. 

3. Beheer en verskeidenheid

Met liggaamsgewigoefeninge is jy ten volle in beheer van jou roetine. Jy kan dit daagliks verander sodat jy nooit verveeld raak nie. 

4. Enige plek, enige tyd

Met liggaamsgewigoefeninge het jy geen toerusting nodig nie. Dit beteken jy kan dit op enige plek doen. 

5. Hou die kilo’s af.

Daar is bewys die kort periode van hoë-intensiteit-oefeninge kan jou vinniger gewig laat verloor.