Net soos jy stappe doen om jou vel in die kouer maande te beskerm, moet jy dieselfde vir jou kind doen.

Kinders se vel is dunner as volwassenes s’n, wat beteken ekstra voorsorgmaatreëls is nodig om te keer dat hul vel oorsensitief en droog word.

Badtyd

Watter kind hou nie van ’n borrelbad nie?

Al daardie skuimerige pret en welriekende wasem terwyl die spieëls toestoom?

Dit is dalk nie die beste idee in die winter wanneer die parfuum en seep daarin hul vel kan skaad nie. Eerstens, dit verg ’n chemiese reaksie vir gegeurde of geparfumeerde produkte om ’n geur af te gee, en dit kan die vel sensitief maak.

As jou kind se vel reeds ’n bietjie gedehidreer voel, hou hulle van gegeurde produkte weg. Tweedens, seep wat baie skuim afgee, kan die vel van natuurlike olies stroop en droog laat.

Aangesien kinders se vel reeds tot vogverlies geneig is, maak enigiets wat noodsaaklike olies verwyder dit nog weerloser. Hou jou kind se vel in die winter gevoed deur matige of bevogtigende seep te gebruik.

Voeg wateroplosbare olies, wat nie porieë verstop nie, by badwater om vog te help behou.

Vog

Dit is altyd belangrik om te bevogtig, maar in die winter moet ’n mens dalk die produkte aanpas wat jy kies.

Soos met seep kan gegeurde bevogtigers ’n brose vel benadeel. Bevogtigers bevat ook soms kleurstowwe wat die vel verder irriteer. Jou beste keuse vir die winter is ’n bevogtiger wat geurvry is en geen kleurmiddels bevat nie.

Nog ’n winteropsie is om na versagtende rome oor te slaan. Bevogtigende versagtingsrome is dik en bestaan boonop uit vette en water, en dis net mooi wat jou kind se vel nodig het om gebalanseerd te bly.

Al is dit ryker, voel dit steeds goed aan die vel en help om dit te streel deur jeukerigheid te verminder wat deur droogheid veroorsaak word.

’n Ander produk wat jy in die winter kan gebruik, is ’n versperrende versagtingsroom soos petroleumjellie, wat ’n oliebasis het en as versperring dien tussen die vel en die omgewing.

Sonskerm

Die kwik het gedaal en die son voel nie so skerp nie, maar dit beteken nie jy moet sonskerm in die winter oorslaan nie.

Maar omdat jou kind se vel dalk nou sensitiewer is, gebruik sonskerm wat sinkoksied en titaandioksied bevat, want dit streel ontsteekte vel en voorkom uitslag. 

Wasmiddel 

Geparfumeerde en skuimryke sepe is in die winter taboe vir jou kind. Beproef eerder dié: 

wasmiddel
Pure Beginnings Sensitive Cream Wash 200 ml R109,90
wasmiddel
Mustela 2 in 1 Hair and Body Wash 200 ml R139,99
wasmiddel
Purity Baby Moisturising Body Wash & Shampoo 200 ml R69,99
wasmiddel
Johnson’s Gentle Protect Kids Bath 500 ml R64,99
wasmiddel
Dove Baby Bar Rich Moisture 75 g R9,99
wasmiddel
Cetaphil Baby Gentle Wash & Shampoo 300 ml R99,99

OLIES

Olies is noodsaaklik om die vel gehidreer te hou. Voeg ’n bietjie by hul badwater en selfs by hul bevogtiger.

babaolie
Clicks Baby Oil 100 ml R15,99
babaolie
Soil Organic Carrier Oil Jojoba 100 ml R85
babaolie
Johnson’s Baby Oil Regular 500 ml R74,99
babaolie
Credé Sweet Almond Oil 100 ml R54,95
babaolie
Pure Beginnings Soothing Baby Massage & Bath Oil 100 ml R129,99
babaolie
Credé Coconut Oil 400 ml R54,95

VERSAGTERS

Dit is wonderlik, want dit kan die koue weerstaan en kalmeer terselfdertyd die vel.

velroom
Epizone A Cream 500 g R51,99
velroom
Epi-max Baby & Junior Cream 100 g R56,99
velroom
Vaseline 100% Pure Petroleum Jelly Original 250 ml R29,99
velroom
Leti Balm Paediatric Nose and Lip Repair Fluid 10 ml R76
velroom
Eucerin UreaRepair Plus 10% Urea Lotion 250 ml R209,99
velroom
Epicell Baby & Junior Cream 200 ml R89,90

SONSKERM

Sonskerms kan ook bevogtigend wees, veral as dit minder chemikalieë bevat.

Sonskerm
Vichy Capital Soleil SPF50 Kids Milk 200 ml R365
Sonskerm
Pure Beginnings Sun Milk SPF50+ 100 ml R249,95
Sonskerm
Nivea Sun Kids Moisturising Spray SPF50+ 300 ml R199,99
Sonskerm
Celltone Kids Sunscreen SPF50 130 ml R217,99
Sonskerm
Nivea Sun Kids Roll-on SPF50+ 50 ml R99,95
Sonskerm
Everysun SPF50 Sunscreen Lotion 250 ml R154,99

WENKE

1. Oorweeg dit om ’n bevogtiger vir jou huis te kry. Dit sal vog by die lug voeg. Verwarmers en lugversorgers kan die lug droër maak en die vel laat uitdroog.

2. Voeg aanvullings met omega 3 by jou kind se dieet. Omega 3 is ’n vetsuur wat nie in die liggaam vervaardig word nie, maar noodsaaklik is om hidrasie van binne te verhoog en die vel teen omgewingskade te beskerm.

3. Moenie jou eie velsorgprodukte op jou kinders gebruik nie tensy dit sagwerkend genoeg en kleur- en geur- middelvry is.

4. Kies volkome natuurlike produkte. Dit het ’n kleiner kans om die vel te irriteer omdat dit nie chemikalieë bevat nie. Maar wees versigtig met enigiets wat ’n geur het, selfs al is dit natuurlik 


Kry dit hier

Cetaphil (Clicks 0860-254-257); Clicks 021-854-8862; Credé 021-854-8862; dove (Clicks 0860-254-257); epicell, Celltone.co.za; Epi-max (Clicks 0860-254-257); Epizone 0860-254-257; Eucerin (Clicks 0860-254-257); Everysun (Clicks 0860-254-257); Johnson’s (Clicks 0860-254-257); Leti (Dis-Chem 0860-347-243); Mustela (Clicks 0860-254-257); Nivea (Clicks 0860-254-257); Pure Beginnings 0861-477-915; Purity (Clicks 0860-254-257); Soil 064-501-1933; Vaseline (Clicks 0860-254-257); VICHY 0861-184-249

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.



Ekstra bronne: Clicks.co.za, Babycentre.co.uk, Webmd.com, Paulaschoice.com, Eucerin.co.za