Jy hoef nie bogenoemde kosse opsy te skuif nie, maar daar is goeie nuus vir kaasliefhebbers: Dit blyk Switserland se gunstelingsuiwelproduk hou ook talle gesondheidsvoordele in.

Navorsers aan die Korea-universiteit in Seoel het ontdek ’n probiotika wat in gaterige Switserse kase voorkom, hou met langlewendheid verband. En die bakterieë wat in die fermentasieproses van emmental-kaas gebruik word, verminder inflammasie en gee die immuunstelsel ’n hupstoot.

Wetenskaplikes sê die studie, wat op rondewurms uitgevoer is, kan moontlik dieselfde uitwerking op mense hê. Die resultate is in die joernaal Scientific Reports gepubliseer. 

Dis nie die eerste keer dat ’n nie-tradisionele gesondheidskos vir sy gesondheidsvoordele geloof is nie: Bloedwors is as superkos aangewys omdat dit so baie proteïen, kalium, kalsium en magnesium bevat. Dit het ook byna geen koolhidrate nie, wat dit die ideale keuse maak vir dié wat minder koolhidrate probeer inneem.

Rys is ook al as wonderkos voorgehou; kenners sê die graan kan jou dalk help om die ekstra rolletjies weg te hou en ’n gesonde leefstyl te handhaaf.

Volgens navorsing kan dit jou algehele dieet gesonder maak as jy elke dag wit- of bruinrys eet, maar dit kan ook wees omdat gereelde rys-eters gewoonlik reeds meer vrugte en groente inkry.

Wat vrugte betref, is ’n heerlike bakkie aarbeie of ’n paar snye sappige mango-skywe ook baie goed vir jou.