Wanneer ’n mens jou suikerinname met ’n valkoog dophou, vang die lus vir iets soets jou soms onkant.

Klop jouself op die skouer as jy kosetikette mooi lees om ­seker te maak jy sny verwerkte suiker uit en vermy suikerversoete drankies en fyngebak – alles in ’n poging om gesonder te eet.

En hou moed: Jy kan steeds ’n skoot suiker inkry op die natuurlikste manier moontlik. Vrugte is nie net soet nie; dit is ook propvol vitamiene, minerale en vesel.

Dit is dus die ideale peuselhappie, veral as jy druk besig is. Maar dis belangrik om slim te kies, want sommige vrugte bevat heelwat meer suiker as ander. 

Hier’s ’n nuttige gids tot verskillende vrugtesoorte se suikerinhoud. 

Suikerinhoud van vrugte

'n 4,6 g aarbei bevat 1 teelepel suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Papaja (¾ k): 5,9 g bevat 1½ k suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Pomelo (½ k klein): 6,9 g bevat 1½ t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Nektarien (¾ middelslag): 7,8 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Perske (1 middelslag): 8,4 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Koejawel (2 middelslag): 8,9 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Kiwivrug (1½): 9 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Appelkoos (3 middelslag): 9,2 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Lemoen (1 klein): 9,3 g bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Peer (1 klein): 9,8 kg bevat 2 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Bloubessies (¾ k): 9,9 g bevat 2½ t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Appel (1 klein): 10, 4 g bevat 2½ t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Piesang (1 klein): 12, 2 g bevat 3 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Druiwe (tros met 20-24 korrels): 15, 5 g bevat 3 ½ t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images
kersie,vrug
Kersie (1 k): 12, 8 bevat 3 t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Pasop vir dié een

Dadels het ’n besonder hoë suikerinhoud – hulle bevat min of meer vier keer soveel suiker as dieselfde hoeveelheid druiwe.

dadels,vrug
12 dadels (63,4 g) bevat 15½ t suiker. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Vrugtefeite

Suurlemoene en lemmetjies het ’n hoë ­vitamien C-inhoud en bevat nie baie suiker nie – net ’n gram of twee per suurlemoen of lemmetjie. Voeg dit by water – dit gee nie net ’n verfrissende geur en ’n vitamien C-inspuiting nie; dit kan ook help om jou eetlus in toom te hou. 

suurlemoen,vrug
Suurlemoen en lemmetjie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Dis dalk nie waaraan jy eerste dink wanneer jy aan vrugte dink nie, maar avokado’s en olywe ís vrugte. En hulle is net so ’n goeie keuse as jy jou suikerinname laag wil hou: ’n Avokado het minder as 1 g suiker en olywe bevat glad nie suiker nie.

avokado,vrug,suiker
Avokado. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ewe veel suiker 

Porsiegrootte maak ’n groot verskil; neem dus kennis hoeveel van ’n sekere soort vrug jy eet. Daar is min of meer soveel suiker in ’n klein appel of klein piesang as wat daar in drie koejawels, een en ’n half middelslag-pomelo’s of 16 middelslag-aarbeie is.

vrugte,suiker
Ter illustrasie. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Bronne: healthline.com, medicalnewstoday.com, thepaleodiet.com, health24.com, webmd.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.