Die onwelkome kuiltjies op dye, boude en boarms dryf menige vrou en sommige mans tot raserny. Jy oefen dalk selfs elke dag of is nie eens oorgewig nie, maar die dekselse duike wil net nie bes gee nie.

Stephanie Klerk* van Vryheid ken dié stryd alte goed. Sy het uit radeloosheid by 'n dokter gaan aanklop wat met behulp van hitte- en laserbehandeling dievoorkoms van haar agterstewe gladder kon maak.

Maar duur behandelings is nie al uitweg nie, sê kenners, en jy hoef ook nie noodwendig 'n saai bestaan tevoer van blaarslaai en ure se oefen nie.

Hulle vertel wat jy alles kan doen as jy van selluliet wil ontslae raak.

Wat veroorsaak selluliet?

Selluliet is 'n soort vet wat vlak onder jou vel as vetlobbe sit, verduidelik dr. Chetan Patel, 'n plastiese chirurg van Sandton.

Dokters is nie seker waarom selluliet meer op boude, arms en bobene voorkom nie, maar hulle glo dit is omdat vetselle hier digter en nader aan die veloppervlaksit, sê dr. Minoka Nadesan van die NoviSkin-kliniek in Pretoria.

Tot 90 persent van vroue het selluliet omdat vroue meer vet het wat reg onder die vel lê, sê dr. Dale Geoffreys, 'n Kaapstadseplastiese chirurg.

Swangerskap, menopouse en puberteit verswak jou spiere en beïnvloed die vervaardiging van kollageen, wat jou vel elasties hou, sê dr. Deon Weyers, 'n plastiesechirurg van Johannesburg.

Swakker spiere en 'n minder elastiese vel maak dan vet onder die vel meer sigbaar.

Selluliet by mans en vroue
Selluliet by mans en vroue

“Vroue se spierweefsel vorm 'n heuningkoekpatroon, terwyl mans s’n 'n meer geruite patroon het. Mans se geruite weefsel keer dat vet tussen dieweefsel uitdy, terwyl die heuningkoekpatroon by vroue vet makliker na die boonste lae van die vel deurlaat, waar dit as selluliet sigbaar is,” sê Minoka.

“Die grootste oorsake is gewigstoename en swak eetgewoontes, maar gene, hormone, stres, te min oefening en swak bloedsomloop speel ook 'n rol,” voeg Adele Kruger, 'n laserterapeut by die Melrose Aesthetic Centre in Johannesburg, by. 

Hoe ouer jy raak, hoe dunner en minder elasties raak jou vel. Dit maak selluliet ook meer sigbaar.

Al die vroue in my familie sukkel daarmee. Is dit my voorland?

“Daar is nie ’n enkele faktor wat jy kan uitsonder nie, maar gene is waarskynlik die grootste sondaar,” sê Dale.

Twee soorte gene – dié wat die bloedvloei in jou lyf se fynste aartjies en dié wat jou limfstelsel se dreinering beheer – werk minder doeltreffend by vroue met selluliet, sê Minoka. 

“Dis moeiliker om hierdie soort selluliet te behandel as selluliet wat deur vetsug veroorsaak word.”

Tog sê Chetan gene is net een deel van die legkaart. “Ander oorsake soos jou leefstyl speel wel ’n rol.”

Selfs maer vroue en atlete het selluliet

“Nie fikse of maer mense is gevrywaar van selluliet nie,” sê Deon. As jou gene jou kwesbaar daarvoor maak of as jy maer is en ongesond leef, is die kans goed dat jy dit gaan kry.

“Dié vroue het ook vetlae onder hul vel, net minder as die meeste ander mense,” sê Chetan. “Hulle kan selluliet hê as hul spierweefsel se patroon van so 'n aard isdat die bietjie vet wat daar is, deurpeul.”

Selluliet dui nie noodwendig op ongesondheid of onfiksheid nie, sê Minoka.

“Dié vroue het waarskynlik selluliet omdat dit in hul gene is,” sê Dale. “Die manier waarop hul spierweefsel gevorm is, hul hormone en hul metabolisme speelalles 'n rol.”

Wat kan dokters vir my doen?

Dokters klassifiseer pasiënte in drie grade om te bepaal watter behandeling die geskikste is. Volgens die Nurnberger-Mullersellulietskaal val jy in graad eenas jy geen selluliet kan sien tensy die vel geknyp word nie. 

As iemand se selluliet net sigbaar is wanneer hulle sit, maar nie wanneer hulle lê nie, val hulle in graad twee. In graad drie is die selluliet sigbaar selfs wanneer hulle lê en staan.

“Ongelukkig bied selfs chirurgie nie ’n langtermynoplossing nie,” sê Dale. Vetuitsuiging teiken net die vet, maar die vel en weefsel bly dieselfde; dus kan jy ná dieprosedure selfs slegter lyk. “Dink aan 'n ballon wat afgeblaas het.”

Chetan beaam dit en sê die uitwerking van sellulietbehandeling kan nie as permanent beskou word nie. Dit verg opvolgbesoeke. “Dié behandelings is, netsoos dieetgiere, gewild omdat verbruikers na kitsoplossings soek pleks daarvan om gesond te leef.”

Deon sê Vasersmooth, 'n soort vetuitsuiging, kan wel help as dit saam met ultraklank-, laser- en radiofrekwensiebehandeling gebruik word.

Dié behandelingsverwarm die vel en veroorsaak so ’n klein velbesering. Omdat die vel homself dan herstel, skep dit nuwe selle wat dit fermer maak.

Mesoterapie, 'n reeks inspuitings wat vet afbreek, werk ook vir heelparty mense, sê Dale. Die mees algemene soort inspuitingis fosfatidielcholien.

Karboksiterapie is 'n soortgelyke metode waar koolsuurgas met 'n dun naald ingespuit word om onder meer vetneerslae te verwyderen die limfstelsel se dreinering aan te moedig, sê Adele.

Minoka sê laser- en hittebehandelings kan jou lyf help om nuwe kollageen en elastien te vervaardig, wat selluliet teenwerk.

“Jy sal egter wel moet gesond eet en oefen, en sowat 10 behandelings moet ontvang.” 

Wat kan ek self doen om selluliet te bekamp?

Oefen

Jy kan nie selluliet wegoefen nie, maar oefening kan lei tot gewigsverlies en beter bloedsomloop en op dié manier selluliet verminder, sê die plastiese chirurg dr. Deon Weyers.

Oefeninge soos hurke en knielbewegings kan jou bene meer gespierd maak, wat sal help dat selluliet kwyn.

Jy kan nie spesifieke liggaamsdele met oefening teiken nie, maan die plastiese chirurg dr. Chetan Patel, maar hy beveel wel aan jy oefen met gewigte om jou spiere
te help vorm. 

As jy te lank aaneen sit of lê, vloei jou bloed nie genoeg nie, sê die plastiese chirurg dr. Dale Geoffreys; daarom is dit goed om te oefen.

Hou op rook

 

Rook put die vitamien C uit wat jou vel elasties en gehidreer hou, sê dr. Minoka Nadesan van die NoviSkin-kliniek.

Eet reg

Dale sê te veel ongesonde koolhidrate lei tot vetneerslae en selluliet. Pasop vir kitsdiëte waarmee jy baie gewig verloor maar dit dan weer aansit, want dit laat jou vel krimp en weer rek, wat selluliet sigbaar maak. Te veel sout is ook skadelik as jy met selluliet sukkel, sê die laserterapeut Adele Kruger.

Pas jou vel op

Vermy alkohol en te veel tyd in die son, sê Deon, want ’n beskadigde vel sal beslis selluliet wys.

Daaglikse afskilfering met ’n growwe spons stimuleer jou bloedsomloop, is Adele se raad.

Selluliet is minder opmerklik op ’n donker vel as op ’n ligte een, sê Chetan; daarom kan jy kunsverbruiner gebruik om selluliet minder sigbaar te maak.

Dra die regte klere

Te stywe onderklere met stywe rekke bo-oor die dye en boude kan bloedvloei verminder en tot selluliet bydra, sê Minoka.

Sellulietrome

“Daar is geen grootskaalse studie wat die doeltreffendheid bewys van enige van die rome wat by dermatoloë se kantore, in apteke, spa’s en boetieks verkoop word nie,” sê Deon, en die ander kenners stem met hom saam.

Pasop dus vir bemarkingsfoefies wat beweer 'n lyfroom kan selluliet wegvat.

Tog sê Dale middels met retinol in sowel as sekere masseertegnieke, waar die vel se bloedsomloop aangemoedig word, werp vir party gebruikers vrugte af.

Raak ontslae van die ekstra kilo's met Huisgenoot se hulp!

Huisgenoot se gesonde eet- en oefenplan, Klop die Skaal, is spesiaal deur kenners vir vroue saamgestel om daai ekstra vetjies af te skud én weg te hou. Die eetplan is maklik en bekostigbaar, terwyl jy die oefeninge in die gerief van jou eie huis kan doen. Dit neem 12 weke, en die volledige eet- en oefenplan kos slegs R495.

Kom raak deel van die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.