Daardie grillerige insek het deesdae ’n groter doel in die gesondheidswêreld.

Kakkerlakmelk is die superkos waarop gesondheidsfanatici gewag het. 

’n Span wetenskaplikes van die Instituut van Stamselbiologie en Medisyne in Indië het vasgestel die melk wat van kakkerlakke verkry kan word, kan dalk die grootste superkos wees. 

Wanneer die kakkerlakke voortplant, gee hulle aan hul babas lakterende proteïen-gevulde kristalle wat vol vette, suikers en aminosure is en tot vier keer meer voedingstowwe bevat as melk van beeste.

"Melk wat van kakkerlakke kom kan ’n wonderlike proteïen-aanvulling wees," het die span aan die Times of India gesê.

Maar ten spyte van die hoë hoeveelheid voedingstowwe wat die melk bevat, het dit ook baie kilojoules.

Wetenskaplikes werk tans aan maniere om die melk in laboratoriums te produseer sodat die wêreld kakkerlakmelkplase kan vermy. 

Bronne: Sciencealert.com, Menshealth.com