Ja, ons praat van kaneel.

As jy nie voorheen ’n verskoning nodig gehad het om ’n bietjie van dié aromatiese spesery by te voeg nie, hier’s een: Akademici het bevind kaneel kan moontlik in die stryd teen vetsug ingespan word.

Navorsers aan die Universiteit van Michigan het cinnamaldehyde, ’n soort essensiële olie wat aan kaneel sy geur verskaf, bestudeer, en gevind dit lyk asof dit muise teen vetsug en hiperglisemie beskerm.

Daarna wou hulle bepaal wat die invloed van cinnamaldehyde op mense kan wees. Hulle het bevind die olie kan metaboliese gesondheid verbeter deurdat dit regstreeks op vetselle, of adiposiete, inwerk en dit beweeg om, deur middel van ’n proses genaamd termogenese, te begin met die verbranding van energie. 

Foto: Cover Media