Navorsers aan die Universiteit van Kopenhagen het bevind ajoene, die swaelagtige samestelling wat in knoffel gevind word, kan saam met antibiotikum weerstandige bakterieë afbreek.

Die rede hiervoor is dat ajoene die vermoë het om ’n geen te ontwrig wat mikrobes nodig het om aan menslike weefsel te klou, en hiersonder kan dit nie vermenigvuldig nie.

Knoffel, almal se geheime wapen! Foto: Cover Media

En dis nie net superkieme, soos die metisillienweerstandige stafilokokkus aureus wat getakel kan word nie, maar ook genetiese sistiese fibrose en chroniese wonde by diabeteslyers.

“Ons glo werklik dat die metode kan lei tot die behandeling van pasiënte wie se vooruitsigte andersins swak is,” het prof. Tim Holm, die skrywer van die studiestuk, gesê.

Ons het nou genoeg kennis om die knoffelmedisyne verder te ontwikkel.

“Chroniese infeksies, soos sistiese fibrose, kan kragtig wees. Maar nou het ons, in samewerking met ’n privaat maatskappy, genoeg kennis om die knoffelmedisyne verder te ontwikkel en op pasiënte te toets.

“Die twee soorte bakterieë wat ons bestudeer het, is baie belangrik: stafilokokkus aureus en Pseudomonas aeruginosa. Die knoffelverbinding kan albei tegelykertyd beveg en dit kan as doeltreffende medisyne gebruik word indien dit saam met antibiotikum gebruik word.”

Die bevindings is in die tydskrif Nature Scientific Reports gepubliseer.

Dit is die jongste navorsingstudie om die gesondheidsvoordele van knoffel te bevestig. In vorige navorsing is bevind dat dit lyk asof knoffel die kragtigste natuurlike weerstand teen bakterieë bied.

Ook is bevind die inname van knoffel verlaag  cholesterolvlakke, reguleer bloeddruk- en bloedsuikervlakke en versterk die werking van die immuniteitstelsel.