Dit is omdat verskillende soorte drankies tot wisselende emosies kan lei, van ’n gevoel van ontspanning en sensualiteit tot een van aggressiwiteit.

Om die moontlike emosionele faktore onderliggend aan alkoholvoorkeure te ondersoek, het navorsers aan King’s College in Londen anonieme response ontleed van die grootste aanlyn opname oor wettige en onwettige dwelm- en alkoholgebruik onder volwassenes. Dit staan as die Global Drug Survey (GDS) bekend.

Die GDS, wat in 11 tale verskaf word, sluit spesifieke vrae in oor alkoholinname en die gevoelens wat verbind word met die drink van bier, spiritualieë en rooi- of witwyn tuis of wanneer die mens uitgaan.

Emosies het ingesluit energiek, ontspanne, sensueel, vol selfvertroue, en moeg, aggressief, siek, rusteloos en huilerig. Voorts is gevind spiritualieë word die minste verbind met ’n ontspanne gevoel (20%); rooiwyn sou waarskynlik die gevoel die beste teweegbring (net onder 53%), gevolg deur bier (ongeveer 50%).

Spiritualieë sou ook waarskynlik meer dikwels negatiewe gevoelens teweegbring as al die ander soorte alkohol. Byna ’n derde van die mense wat spiritualieë gedrink het, het dié drankie verbind met gevoelens van aggressie, vergeleke met ongeveer 2,5% rooiwyndrinkers.

Maar spiritualieë ontlok waarskynlik meer positiewe gevoelens as bier of wyn. Meer as die helfte van die mense wat ondervra is, het die drankies met gevoelens van energie en selfvertroue verbind. En meer as vier uit 10 het dit gesê dit laat hulle sexy voel. 

Die navorsing was ’n waarnemingstudie, dus kon geen vaste afleiding rakende oorsaak en gevolg gemaak word nie.

Die akademici beklemtoon dat daar waarskynlik heelwat faktore betrokke is by die gevoelens wat deur alkohol veroorsaak word, insluitend advertensies, waar en wanneer alkohol gedrink word en die persentasie alkohol in verskillende drankies.

“Begrip ten opsigte van emosies wat met alkoholinname verbind word, is noodsaaklik by die takeling van alkoholmisbruik, want dit verskaf insig in die emosies wat die keuse van drank by verskillende groepe mense beïnvloed,” het die navorsers afgesluit.

Die volledige resultate van die studie is in die aanlyn tydskrif BMJ Open gepubliseer.