Maar hier is goeie nuus om jou te help deurdruk – oggendsiekte is ’n teken dat die baba gesond is.

Kate se siekte was gedurende haar drie swangerskappe so erg dat sy in die eerste fases van elkeen koninklike afsprake moes kanselleer. Maar selfs as jy dit in ’n ligter graad ondervind, kan dit moeilik wees om normaal op te tree.

Kate en William. Foto: Cover Media

Kenners aan die Universiteit van Reading het bevind mislikheid is iets positiefs, wat veroorsaak word deur die peptiedhormoon endokinien, wat noodsaaklik is vir ’n veilige swangerskap.

Endokinien, wat oral in die liggaam aangetref word, werk in op die brein en veroorsaak oggendsiekte, en dit verseker ook ’n goeie bloedvloei deur die plasenta sodat suurstof en voedingstowwe die ongebore baba kan bereik.

“Jy kan wel in die versoeking kom om medisyne wat endokinien blokkeer, te gebruik in die behandeling van oggendsiekte tydens swangerskap,” sê die navorser, prof. Philip Lowry. “Maar die bevindings dui daarop dat dié middels die welsyn van die swangerskap kan beïnvloed, en dus behoort ’n mens dit te vermy.

By die meeste vroue verdwyn oggendsiekte gewoonlik teen die 16de tot 20ste week van swangerskap.

“Ek hoop die artikel sal ’n bietjie sielkundige verligting bring vir swanger vroue wat oggendsiekte kry, maar dat dit ook rokers wat ’n  baba beplan, sal oorreed om die gewoonte lank voor die tyd te laat vaar.”

By die meeste vroue verdwyn oggendsiekte gewoonlik teen die 16de tot 20ste week van swangerskap. Dokters raai dié wat daaraan ly aan om baie te rus, baie vloeistof in te neem en kort-kort klein maaltye te eet wat baie koolhidrate bevat.

Die resultate is in die Journal of Molecular Endocrinology gepubliseer.