Dié aanlyn program van 12 weke is spesiaal deur kenners vir Huisgenoot se manlike lesers ontwerp. Dit sal jou help om maagvet binne 12 weke weg te brand én lenige spiere te bou. Dis ideaal vir mans wat al lankal gewig wil verloor maar nie weet waar om te begin nie.

Skep moed – hier’s hulp! Met Huisgenoot se Groet Jou Boep-program kan jy óók ’n blokkiesmaag hê.

Groet Jou Boep
Groet Jou Boep is deur kenners vir mans ontwerp.

Wat kos die Groet Jou Boep-program?

Die volledige eet- en oefenplan vir mans duur 12 weke en kos net R495. Dit is ’n eenmalige betaling – geen maandelikse lidmaatskaptariewe geld nie!

Jy kry toegang tot die webblad met die aanlyn plan wat ons kenners ontwerp het. Jy het net ’n rekenaar of selfoon met internettoegang nodig.

Hoe werk die oefenplan?

Vergeet van duur persoonlike afrigters en die nuutste oefengiere – ons het die oefenplan wat jou die meeste gewig kan laat verloor terwyl dit die soort spiere bou wat geen mens kan miskyk nie.

Die plan is in fases verdeel – jy kry eers die oefeninge onder die knie, voor die intensiteit toeneem.

Nuttige video’s demonstreer elke oefenbeweging, sodat selfs beginners dit maklik kan volg. Jy het net basiese toerusting nodig, en kan die oefeninge in die gerief van jou eie huis doen – dis soos om ’n persoonlike afrigter in jou woonkamer te hê!

Hoe werk die eetplan?

Die eetplan is deur ’n span dieetkundiges van die Sportwetenskapinstituut van Suid-Afrika saamgestel, en is gebalanseerd en prakties. Dit leer jou om beter te eet sodat jy ’n beter lyf kan bou.

Moenie bekommerd wees nie – jy sal goed eet: baie meer vleis en proteïen, gesonde vette en goeie koolhidrate.

Die eetplan is ontwerp vir ’n man wat 90 kg weeg en ’n kilogram per week wil afskud, maar ons wys jou hoe om die porsiegroottes aan te pas sodat dit vir enige liggaamsgewig geskik is.

Nog vrae?

Klik hier vir die antwoorde op nog algemene vrae.

Hoe skryf ek in?

Gaan na www.groetjouboep.co.za en klik op “Spring weg!”