In onlangse navorsing deur die maatskappy Space Station is bevind 27 persent van vroue sê hulle het gewig aangesit toe hulle by hul mansvriend intrek aangesien die saamwonery gelei het tot meer wegneemetes en peuselry.

Navorsers het tydens die ondersoek 500 mans en 500 vroue in Brittanje ondervra.

Meer as ’n kwart van die deelnemers het agtergekom die kilogramme het begin opstapel binne weke nadat hulle ’n begin saamwoon en gesellige aandjies tuis geniet het.

Die oorblywende 73 persent van die groep het aangedui dat hul maats weinig of geen verskil aan hul koskeuses gemaak het nie.

Die mans het inderdaad gereken hul dieet het verbeter.

Veertig persent het hul nooi geprys en gesê sy het ’n goeie uitwerking op sy koskeuses gehad, en hy het minder gemorskos geëet.

Die orige 60 persent het, soos die meeste van die vroue wat ondersoek is, gesê die saamwonery het weinig of geen verskil aan sy diëte gemaak nie.

“Die aansit en verlies van gewig by mense is dikwels onlosmaaklik verbind aan hul gedrag en gewoontes,” het die hipnoterapeut Dipi Trait gesê.

Ons ontspan wanneer ons gevestig voel en dié gevoel kan uitbrei na ander lewensterreine.

“Wanneer jy veilig voel in ’n verhouding, kan dit gebeur dat jou gedrag in die algemeen meer ontspanne raak en jy jou eetgewoontes begin verslap.”

Die toetsgroep is ook uitgevra oor hul slaapkamergedrag, en 10 persent het beweer hul sekslewe het verbeter vandat hulle saamwoon.

Meer as ’n derde het gekla oor minder aksie in die slaapkamer. Volgens die res van die deelnemers het hul sekslewe onveranderd gebly.