Huisgenoot het Rochez O’Grady en Sarah Gouws, geregistreerde dieetkundiges van Munchwize Dietitians in Kaapstad, gevra om ’n spesiale gesonde eetplan vir lesers saam te stel wat na die jaareindvierings ’n paar kilo’s wil afskud.

Die eetplan strek oor vier weke. Tussen ’n halwe en 1 kg per week is die gesondste tempo van gewigsverlies, sê Rochez.

“Dan verloor jy vet en nie water of spiermassa nie,” verduidelik sy. “Maar onthou net, elkeen is ’n individu en verloor gewig teen ’n ander tempo.”

Moenie die lesing op die skaal as jou enigste maatstaf van sukses beskou nie, maan sy. “Probeer die gewig vergeet en konsentreer meer op hoe jy in jou lyf voel,” is haar raad. “Probeer daarop let of jy meer energie het, beter slaap en beter by die werk fokus.

“Dit is die belangrike maatstawwe. Gewigsverlies is net ’n bonus.” Rochez se eetplan bestaan uit goed gebalanseerde spyskaarte met volop komplekse koolhidrate om jou energie te gee en genoeg proteïen en vette om jou ook versadig te laat voel.

Kry hier elke week se eetplan:

WEEK 1 

WEEK 2

WEEK 3

WEEK 4