Reukweerder of sweetweerder? 

Watter een is die beste?

Dit hang van jou behoeftes af. Albei werk om bakterieë te bestry en reuke te voorkom, maar reukweerders fokus meer daarop om jou onderarms te laat vars ruik, terwyl sweetweerders sweetkliere blokkeer en so sweet verminder.

Voorkom wit vlekke

Wag dat jou aanrolreukweerder droog word voor jy aantrek, anders kan dit wit vlekke op jou klere veroorsaak wat moeilik is om te verwyder.

Deesdae kry jy ook sweetweerders wat spesifiek gemaak is om geen wit vlekke te laat nie.Gebruik dit wanneer jy donker klere dra.

Aanwending

Meer beteken nie beter nie. Moenie die fout maak om te veel reukweerder aan te wend in die hoop dat jy meer beskerming sal kry nie, want dit sal geen verskil maak nie.

Jy hoef net een keer op en af te rol of 3-4 sekondes te spuit vir voldoende beskerming.

Reukbeheer

Wanneer jy sweet, is jou sweet reukloos.

Die slegte reuk ontstaan wanneer bakterieë op jou vel met jou sweet meng.

Probeer ’n antibakteriese seep gebruik voor jy jou reukweerder aanwend om dit te bestry.

Sensitiewe vel

As jy ’n sensitiewe vel het, kan die aanwending van reukweerder ongemak, soos ’n branderigheid, veroorsaak. Volg ons raad hieronder om dit te help voorkom:

  • Verkeerd skeer

Dit kan jou onderarms sensitiewer laat raak. Skeer in die rigting van die haargroei en probeer net een keer oor die area beweeg wat jy skeer. Hiervoor het jy ’n skerp genoeg skeermes nodig. Gooi dit weg wanneer dit stomp word. Gebruik matige seep, skeerroom of -jel pleks van sterk seep, want dit sal irritasie veroorsaak.

  • Stukkende vel

Moenie reukweerder aan stukkende of geïrriteerde vel aanwend nie.

  • Alkohol

As jy van nature ’n sensitiewe vel het, bly weg van sweetweerders wat alkohol bevat. Dié produkte is sterker en sal jou vel laat reageer.

Donker onderarms

Donker oksels kan deur ’n aantal dinge veroorsaak word, onder meer inflammasie, skeermesbrand, die langdurige gebruik van sterk onderarmprodukte, genetiese toestande of selfs ’n onderliggende mediese probleem.

As jy van nature ’n donker vel het, sal jou oksels ook donker wees. Vir oksels wat verkleur is deur produkte en behandelings wat op die vel aangewend word, beproef bevogtigende sweetweerders wat die vel streel.

Dit verminder dalk nie die kleur nie, maar dit sal keer dat dit donkerder word. As jy besorg is oor hoe donker jou oksels is, raadpleeg ’n dermatoloog vir moontlike mediese behandeling.

Vir mans:

Foto: Gallo Images/Getty Images

Aanrol

Shower to Shower Men 48 H Invisible Dry Anti-Perspirant R15,99
BioNike Defence Deo Anti-Stain Roll-On R85
Earthsap Tea-Tree and Lemon Deodorant R52
Tabac Original Roll-On Deodorant R150
Adidas Get Ready! Cool & Dry 48 H Anti-Perspirant R18

Aanspuit

Nivea Men Fresh Protect Body Deodorizer in Energy R44,99
Gold Series Mythos Pour Homme Cologne Body Spray R54,99
Playboy Deodorant in Amazon R24,49
Shield Men MotionSense Germ Defence 48 H R35
Shower to Shower Men 48 H Glacial Strength Deodorant R25,19

Vir vroue:

Foto: Gallo Images/Getty Images

Aanrol

Shield Motionsense Germ Defence 48 H Anti-Perspirant R29,99
Dr. Hauschka Rose Deodorant R299
Shower to Shower Invisible Dry Anti-Perspirant 48 H Active Protection R15,99
Bramley Cocoa Heaven Roll-On Deodorant R9,99
Gold Series Gold 48H Perfume Roll On R13,99

Aanspuit

Lenthéric Lola Jour by Hoity Toity Perfume Body Spray R26,99
Playgirl Deodorant in Sensuous R25,99
Yardley Bond Street No. 8 Deodorant R37
Revlon Love Her Madly Perfumed Body Spray in Enchant R24,99
Shower to Shower All Day Freshness 48 H Fresh Powder Deodorant R24,99


Kry dit hier

Adidas 0800-463-446; Bionike (Dis-Chem 0800-201-170); Bramley 011-482-2528; Dr. Hauschka faithful-to-nature.co.za; Earthsap faithful-to-nature.co.za; Gold Series 012-674-0400; LenthÉric 0800-463-446; Nivea 0860-102-091; Playboy 012-674-0400; Playgirl 012-674-0400; Revlon 011-971-0812; Shield 0860-572-861; Shower To Shower 012-674-0400; Tabac (Clicks 0860-254-257); Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskafferS nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Ekstra bronne: Nivea.com.auStylecraze.comHuffingtonpost.com