Is jy ook een van die ongelukkiges wat sukkel om te slaap? Jy het nou al alles probeer van skape tel tot gemmertee, maar vergeefs. Kyk ’n slag na die dekor en ontwerp van jou slaapkamer – dit kan ’n groot invloed op jou slaap hê. Hier is ses wenke vir ’n salige slaaptyd.

1

VERBAN JOU SELFOON

In ’n studie in 2008 deur die Karolinska-instituut in Swede is bevind ’n selfoon se bestraling kan ’n invloed hê op hoe lank dit duur voor ons diep slaap. Navorsing deur die neurowetenskaplike George Brainard van die Thomas Jefferson-universiteit in Amerika dui daarop dat die blou lig wat selfone uitstraal die liggaam se slaaphormoon, melatonien, onderdruk.

Probeer dit
Koop ’n stylvolle outydse wekker en gebruik dit pleks van jou selfoon. As jy werklik jou selfoon in die kamer nodig het vir noodgevalle of gemoedsrus, hou dit so ver moontlik weg van die bed met die gesig na onder.
Wekker R119,99, MRP Home
Wekker in verskeidenheid kleure, R39,98 elk, The Crazy Store

2

BEKYK JOU BELIGTING

Dis nie verbasend dat lig ’n groot impak op jou liggaam se slaapsiklus het nie, veral hoe ons aan die slaap raak en wakker word. Dit beïnvloed ons 24-uur-liggaamsritme en is die natuur se manier om die slaaphormoon, melatonien, te stimuleer. Volgens Luc Schlangen, hoofwetenskaplike en Philips Lighting-navorser, ontwrig ons geneigdheid om binnenshuis te bly en laat saans te werk hierdie natuurlike siklus. Dit bring ons biologiese horlosie van stryk.

Probeer dit
Maak seker jy het ’n groot verskeidenheid ligopsies soos ligdempers sodat jy die lig van jou plafonbeligting kan verminder wanneer dit aand word en dit geleidelik helderder kan laat word om jou soggens te help wakker word. Die lig van leeslampe moet van bo af op jou boek val.
Emile-tafellamp R399,Superbalist.com
Dexter-koperlamp R399,99, MRP Home
Bergen-tafellamp R2 295, Weylandts
Slaapmasker van egte sy met laventelsakkie R295, The Silk Lady

3

KIES DIE REGTE KLEURE

Jy is dalk versot op pers, maar het jy geweet dit beïnvloed moontlik jou slaappatrone? In ’n internasionale studie deur die hotelgroep Travelodge is bevind mense met pers in hul kamer het net gemiddeld vyf uur en 56 minute per nag geslaap, terwyl dié wat hul kamer in skakerings van blou versier het sewe uur en 52 minute geslaap het.

Probeer dit
Speel met kleure in jou kamer, maar hou verkieslik by skakerings van blou en groen, en vermy rooi, goud en pers.
Dulux Luxurious Silk-verf in Sap- phire Springs 3 (links) en Blue- bird’s Song, albei R1 899 vir 20 L, Makro
Denimblou deken R239, Makro
Brio Chenille-strooikussing R79,95 (links) en Thai-strooi­kussing R69,95, albei The Hub
Bandahni-strooikussing R195, Coricraft

4

KRY NUWE BEDDEGOED

Ons slaap byna ’n derde van ons lewe; tog skeep ons maklik ons beddegoed af. Navorsers aan die Universiteit van Sydney het bevind wolvesel absorbeer vog beter as poliëster. Dit help ons om die regte liggaamstemperatuur te handhaaf.

Probeer dit
Kies beddegoed en komberse wat van natuurlike materiale soos katoen, linne of wol gemaak is om jou temperatuur te help reguleer, en belê elke agt jaar in ’n nuwe matras van die beste gehalte.
Oorgooideken van suiwer katoen R418,50, Linen Drawer
Standaard-linnekussingslope R695 vir twee, Weylandts
Koningingrootte-linneduvetoortreksel R2 795, Weylandts

5

RAAK ONTSLAE VAN ROMMEL

’n Rommelvrye slaapkamer is dikwels laaste op ons lang doenlysie, maar volgens ’n studie wat in die joernaal van die Sleep Research Society in Amerika gepubliseer is, kan opgaargoed ons vermoë beïnvloed om af te skakel en rustig te raak voor bedtyd. Jou slaapkamer hoef nie so klinies soos ’n hospitaalsaal te wees nie; dit moet net ordelik en netjies lyk.

Probeer dit
Kry mandjies vir die kamer en kas. Ruim elke aand ’n paar minute in om enige klere van die vloer op te tel en vuil koffiebekers te verwyder.
Caspain-mandjie R250, Coricraft
Ucan-mandjie R220, Game
Bêrekis R1 950, Beetroot Inc.
Plastiek-nutsmandjie R79,99, Sheet Street

6

SPAN OLIES IN

Vlugtige olies word al dekades lank ten bate van gesondheid gebruik. Dit word voorgeskryf vir alles van die stimulering van die hartklop tot die verlaging van bloeddruk. Laventel- en jasmynolie het ’n ontspannende invloed op die sintuie. Die meeste olies is ook veilig vir kinders, maar dis raadsaam om by ’n kundige aan te klop voor jy dit gebruik.

Probeer dit
Gebruik ’n natuurlike laventel-linnesproei in jou kamer om ontspanning te bevorder. Jy kan ook ’n paar druppels laventelolie voor slapenstyd in die bad gooi.
Verfrissersproei R119, Volpes
Air Scents-geurverspreider R89,95, Clicks
Geurverspreidende stokkies R49,99 per pakkie, The Crazy Store

Kry dit hier


Beetroot Inc. 012-346-4082; Clicks 0860-254-257; Coricraft 021-508-5200; Dulux 0860-330-111; Game 080- 033-3383; Linen Drawer linendrawer.co.za; Makro 0860-300-999; MRP Home 0800-212-535; Sheet Street 0800-212-535; Superbalist 086-002-2146, superbalist.com; The Crazy Store 0861-111-281; The Hub 0861-888-899; The Silk Lady thesilklady.com; Volpes 041-402-6800; Weylandts 086-010-3400 

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.