Baie faktore kan jou gewig beïnvloed – jou liggaamsbou, genetika, hormone en hoe aktief jy is, om maar 'n paar te noem. 

Natuurlik speel wat jy eet ook 'n groot rol, maar met al die teenstrydige dieetraad wat jy kry, kan dinge verwarrend raak. 

Hoewel mense dalk verskil oor die idee dat jy op 'n gesonde en volhoubare manier “minder moet eet en meer beweeg” om gewig af te skud, wil dit voorkom asof diegene wat dié beginsel toepas wel die vrugte daarvan pluk. 

Voltooi dié toets en kyk hoe ingelig jy is oor vet-, suiker- en kilojoule-inhoud – dit kan jou help om jou gewig in toom en jou gesondheid op koers te hou.

1. Wat is die beste kitskos-opsie vir aandete op 'n Vrydagaand?

a) Chinees 

b) Pizza 

c) Pasta 

d) Thai

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: ’n Deursneeporsie (drie snye ­pizza, ’n bord kerrie-en-rys of 'n bord pasta) van al die wegneemmaaltye verskaf dieselfde hoeveelheid energie – sowat 3 000 kJ. 

Pizza en Chinese kos bevat ongeveer dieselfde hoeveelheid vet (26 g) en pasta met ’n tamatiesous het ’n effens hoër vet­inhoud as ’n Thaise rooikerrie met beesvleis (37 g teenoor 32 g vet per porsie). 

2. Watter een van dié alkoholiese drankies bevat die minste kilojoules? 

a) 'n Jin-en-tonikum 

b) 'n Glas rooiwyn 

c) ’n Glas bier 

d) ’n Glas witwyn

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: Al dié drankies bevat 500 kJ elk. Mense besef nie altyd dat alkoholiese drankies vet maak nie, maar 'n aandjie uit kan heelwat kilojoules beteken. Onthou, jy moet 'n uur stap om drie standaarddrankies te verbrand. 

3. Rangskik die volgende nageregte van dié met die minste kilojoules tot die meeste 

a) Appelfrummel 

b) Sjokolademousse 

c) Piesangroomys

d) Pawlowa met room en vrugte 

Antwoord: Pawlowa bevat 940 kJ per porsie, appelfrummel 1 170 kJ, sjokolademousse 1 670 kJ en piesangroomys 2 510 kJ. 

'n Uur se stap sal die mousse verbrand, maar om die piesangroomys se kilojoules weg te werk, moet jy 'n uur en 'n half flink stap.

4. Watter happie by die flieks bevat die laagste kilojoule-telling?

a) Springmielies 

b) Lekkers met 'n ­sjo­koladelagie

c) Roomys

d) Coca-Cola

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: Het jy springmielies geraai? Jammer, dis verkeerd! 

'n Middelslagspringmieliehouer by die flieks bevat 1 150 kJ en ’n kleintjie 525 kJ. Twintig sjokoladeballe sal 900 kJ by jou kilojoule-­telling voeg en 500 ml Coca-Cola 'n volle 1 020 kJ. 'n Roomys is dus die wenner – ’n gewone skeppie in ’n horinkie bevat sowat 450 kJ. 

5. Dis naweek en jou pelle wil na ’n restaurant gaan. Jy het heelweek gesond geëet en wil nie al jou harde werk ongedaan maak nie. Watter een van die volgende is die beste keuse vir ontbyt? 

a) 'n Sampioenomelet saam met gebraaide tamaties en roosterbrood 

b) 'n Bord sousbone op roosterbrood 

c) Roereiers en spek saam met roosterbrood, konfyt en lemoensap 

d) 'n Bak muesli met piesang, heuning en jogurt 

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord:  Sousbone op roosterbrood met ’n smeersel botter en 'n pot tee om dit mee af te sluk is hier die wenner met sowat 1 600 kJ. Al die ander keuses het dieselfde getal ­kilojoules – sowat 2 200 kJ. 

6. Dis omstreeks vieruur die ­middag, jy is rasend honger en het iets nodig om aan te ­peusel voor jy huis toe gaan. Kies die gesondste opsie

a) 'n Hand vol rou grondbone 

b) 'n Paar soetkoekies 

c) 'n Pakkie aartappelskyfies 

d) 'n Paar dadels

Antwoord: As jy net ses kan eet en dan ophou, sal die dadels verreweg die beste keuse wees – dit bevat geen vet nie en net sowat 350 kJ. 

Naas dadels is 'n klein hand vol grondbone (670 kJ) jou beste opsie. 

Aartappelskyfies is propvol versadigde vet en sout en bevat 1 045 kJ per 50 g-pakkie – dit is dus nie 'n goeie keuse nie. En die koekies is nie die 780 kJ (vir vier gewones) werd nie en sal jou waarskynlik hongerder maak weens hul hoë glukemiese indeks.

7. Watter een van dié smere bevat die minste kilojoules? 

a) Konfyt en botter 

b) Marmite en botter 

c) Grondboontjiebotter 

d) Fyngemaakte avokado 

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: Drie teelepels fyn avokado het die minste kilojoules – 135 kJ. Twee teelepels konfyt met een teelepel botter of twee teelepels botter met 'n halwe teelepel Marmite bevat dieselfde getal kilojoules as twee teelepels grondboontjiebotter – net onder 300 kJ.

8. Watter jogurt bevat die meeste kilojoules?

a) Volroom, gewoon 

b) Vetvry, gegeur

c) Minvet, gegeur 

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: Gegeurde minvetjogurt bevat die meeste kilojoules: 870 kJ. 

Die naashoogste is gegeurde vetvrye jogurt met 730 kJ, gevolg deur gewone volroom­jogurt met 630 kJ. Dit is altyd belangrik om op die suiker- én vetinhoud te let wanneer jy inkopies doen. 

9. ’n Vriendin wat noukeurig na haar kilojoule-inname let, kom by jou eet. Wat moet jy berei? 

a) Gebraaide hoender en slaai

b) Pasta met tamatie en kruie 

c) Gebakte suurlemoenvis met jong aartappels en gestoomde groente 

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Antwoord: Sy sal waarskynlik met al die keuses beïndruk wees. Elkeen bevat 1 200 kJ per porsie. Dalk sê sy selfs ja vir ’n klein sjokolade saam met haar koffie.

10. Watter middagete sal jou ver­sadig hou tot jou afspraak ­negeuur vanaand klaarmaak?

a) Mielie-kraakbeskuitjies met grondboontjiebotter 

b) 'n Rolletjie met ham, slaai en avokado 

c) 'n Ystervarkie en 'n dieetdrankie 

d) 'n Vleispastei en sous 

Antwoord: Jy moet mik na iets wat 1 800 kJ bevat aangesien dit ’n derde is van die aan­bevole daaglikse kilojoules. Die kraakbeskuitjies sal nie versadigend genoeg wees nie – dit het net 840 kJ. 

'n Ystervarkie het dieselfde kilojoule-inhoud as die beskuitjies en sal jou waarskynlik nie tot veel later as drieuur versadig hou nie. Die dieet­drankie voeg amper geen kilojoules by nie, maar is nie die beste keuse om jou gehidreer te hou nie – drink liefs 'n glas water. 

Teen meer as 2 000 kJ (en meer as ses teelepels versadigde vet) is die vleispastei en sous die ongesondste opsie. Die rolletjie met ham en avokado is die beste aangesien dit net onder 1 800 kJ bevat.

Tel die kilojoules

1. Hoeveel kilojoules is in 'n halwe kilogram liggaamsvet?

(a) 200 (b) 2 000 (c) 350 (d) 14 700 

2. Hoeveel kilojoules moet jy elke dag uitsny of verbrand as jy ’n halwe kilogram in ’n week wil verloor?

(a) 2 100 (b) 500 (c) 5 000 (d) 21 

3. Hoeveel kilojoules is in ’n hoenderslaaitoebroodjie? 
(a) 500 (b) 1 000 (c) 1 500 (d) 2 000 

4. Hoeveel kilojoules is in ’n ham­burger? 
(a) 1 005 (b) 2 005 (c) 3 005 (d) 4 005 

5. Hoeveel kilojoules is in 'n glas wyn? 
(a) 50 (b) 5 000 (c) 500 (d) 100 

6. Hoeveel kilojoules is in ’n glas bier? 
(a) 7 000 (b) 70 (c) 710 (d) 1 000 

7. Hoeveel kilojoules verbrand jy as jy 'n uur lank stap? 
(a) 80 (b) 180 (c) 8 000 (d) 1 800 

8. Hoeveel kilojoules verbrand jy as jy 30 minute lank draf? 
(a) 12 000 (b) 120 (c) 1 000 (d) 1 200 

9. Hoeveel kilojoules bevat 'n minvet-­muffin? 
(a) 50 (b) 1 555 (c) 500 (d) 5 000 

10. Hoeveel kilojoules bevat ’n 60 g-­stafie sjokolade? 
(a) 11 000 (b) 135 (c) 1 135 (d) 350 

11. Hoeveel kilojoules bevat 'n middelslagpiesang? 
(a) 500 (b) 200 (c) 300 (d) 100 

Antwoorde

1 (d) 14 700 kJ; 
2 (a) 2 100 kJ; 
3 (c) 1 500 kJ; 
4 (b) 2 005 kJ; 
5 (c) 500 kJ; 
6 (c) 710 kJ; 
7 (d) 1 800 kJ; 
8 (d) 1 200 kJ; 
9 (b) 1 555 kJ; 
10 (c) 1 135 kJ; 
11 (a) 500 kJ 

  • Kopie: Bauersyndication.com.au/magazinefeatures.co.za
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.