Onderlaag wat ’n mat voorkoms skep en lank aanbly, kan jou vel in die winter droog laat voel. Maar dit beteken nie jy hoef onderlaag geheel en al uit te skakel nie.

Skakel bloot na ’n bevogtigende een oor. Dit is wonderlik vir mense met ’n droë vel of dié wat in die winter ’n bietjie ekstra bevogtiging nodig het.

Hier verduidelik ons wat bevogtigende onderlae is en hoe dit werk.

Wat is bevogtigende onderlaag?

Bevogtigende onderlaag bied bedekking, maar met die verskil dat die meeste daarvan teenverouderingskenmerke het en soms serum bevat.

Dit gee jou ’n dosis bevogtiging wat ’n glansende voorkoms skep. Gewone onderlaag hou lank en skep ’n mat effek, maar dié voordele het ’n prys, want dit kan jou vel uitdroog.

Bevogtigende onderlaag hou weer nie so lank nie. En al kan jy gesigolie onder jou bevogtigende onderlaag gebruik, kan jy dit nie met gewone, langdurige onderlaag doen nie, want die meeste daarvan sal skuif en ’n dik kors veroorsaak.

Mense met ’n droë vel kan bevogtigende onderlaag heeljaar gebruik, maar mense met ’n kombinasie- of olierige vel moet liefs in die somer daarvan wegbly, want dit sal hul vel nog meer laat blink.

Skoonheidswenk

Meng ’n bietjie onderlaag met onderlaagdruppels aan die agterkant van jou hand tot jy die kleur regkry en gebruik ’n borsel om dit mee aan te wend.

Soms sal jou velkleur en onderlaag nie ooreenstem nie. Dan kan jy die druppels gebruik om die kleur van jou onderlaag reg te stel.

Moenie die druppels direk in jou onderlaagbottel byvoeg nie. As jy nie die verhouding regkry nie, kan dit die hele bottel te donker maak vir jou velkleur en dan moet jy dit weggooi. 

GOSH Mix & Fix Colour Drops R225

Kwas of spons?

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit is beter om ’n onderlaagkwas pleks van ’n spons te gebruik. Sponse is absorberend, en bevogtigende onderlaag is vloeibaarder as gewone onderlaag.

Vermy strepe wanneer jy ’n kwas gebruik deur dit nie te hard teen die vel te druk nie.

Hou jou kwaste skoon.

Barbara Hoffman Foundation Brush R119,95

Borselhare wat van produkaanpaksels saampak, kan strepe veroorsaak. Maak jou kwaste elke drie dae tot ’n week skoon.

Dit verleng ook hul lewensduur en maak kieme dood wat puisies kan veroorsaak.

Foto: Gallo Images/Getty Images


Berei jou vel voor vir aanwending

Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Reinig jou vel met ’n romerige gesigwas wat nie jou vel uitdroog nie. Onderlaag hou van ’n gladde vel.
  • Skilfer jou vel af, indien nodig, maar nie meer as een keer elke vier dae vir ’n olierige vel of een keer per week vir ’n sensitiewe vel nie.
  • Wend ’n bevogtiger aan wat ’n mat afwerking skep, en moenie sonskerm vergeet nie. Jy kan ook ’n bevogtigende basislaag of gesigolie gebruik. Laat dit sowat ’n minuut op jou vel set.
  • Wend jou onderlaag van die binnekant van jou gesig af aan en skakeer dit uitwaarts verby jou kaaklyn.
  • As jy nog bedekking nodig het, herhaal die vorige stap sodra jou eerste aanwending geset is.
  • Wend ’n blosser, verbronser en verligter soos gewoonlik aan en rond met ’n bevogtigende setsproei af.
Yardley Defy Time Foundation in Medium Beige R175
Rimmel Match Perfection Invisible Coverage Foundation in Ivory R179,95
Maybelline Dream Velvet Soft-Matte Hydrating Foundation in Nude R135
Max Factor Skin Luminizer Foundation in Golden R249,95
Max Factor Miracle Match Foundation in Natural R219,95
Clinique Superbalanced Foundation in Alabaster R450
Revlon Youth FX Fill + Blur Foundation in Nude R360
The Body Shop Fresh Nude Foundation in Sahara Light R310
Catrice Even Skin Tone Beautifying Foundation in Beige Rose R149
L.O.V Evenelixir Serum Foundation in Rosy Touch R285
Elizabeth Arden Prevage Anti-Ageing Foundation in Shade 1 R695
Avon True Colour Flawless Liquid Foundation in Nude R229,90
Bionike Defence Color High Protection Protective Foundation in Ivoire R235

Moets en moenies 

MOENIE gewone en bevogtigende onderlaag meng nie. Dit word nie met dieselfde eienskappe gemaak nie en sal skei en die vel vlekkerig laat lyk. Gebruik eerder onderlaagdruppels om die kleur van jou onderlaag aan te pas.

MOENIE poeier gebruik nie; die onderlaag sal ’n dik kors maak.

GEBRUIK vloeibare verbloemer pleks van poeierverbloemer. Dit sal beter met jou onderlaag meng en in plek bly.

SKAKEER onderlaag met jou vingers wanneer jy ’n plekkie moet opknap. Bevogtigende onderlaag word nie op die vel droog nie; daarom skakeer dit maklik ná aanwending.

Kry dit hier

Avon 0860-102-345; Barbara Hoffman (Dis-Chem 0800-201-170); BIONIKE (Dis-Chem 0800-201-170); CATRICE catrice.eu/za; Clinique 011-516-3000; Elizabeth Arden 021-597-1700; GOSH 0800-203-925; L.O.V (takealot.com); MAX FACTOR 021-507-8558; Maybelline 0860-102-491; NYX (Clicks 0860-254-257); Real Techniques (Clicks 0860-254-257); Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; The Body Shop (Clicks 0860-254-257); Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffer nie verantwoordelik gehou kan word nie.