DIEREHORLOSIE  

BENODIGDHEDE

  • Swyserplaat van hout
  • potlood
  • liniaal
  • koordlose boor
  • handwerkverf (oker)
  • verfbak
  • verfkwas
  • 12 klein plastiekdiere
  • koerantpapier
  • spuitverf (wit)
  • horlosiemeganisme
  • gompistool met gomstafies

STAP 1

Meet die middel van die wyserplaat en boor daar ’n gat waarin die horlosiemeganisme kan pas.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 2

Verf die wyserplaat met twee lae verf. Ons het oker gekies. Laat die verf ná elke laag droog word.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 3

Plaas die diere op die koerantpapier en spuitverf dit. Laat die verf droog word.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 4

Plaas die horlosiemeganisme in posisie.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 5

Om die merke vir die syfers (diere) te maak, besluit waar 12 sal wees en maak ’n merk. Plaas die kort wyser en die lang wyser by 12.

Draai dan die lang wyser kloksgewys.

Wanneer dit terug by 12 is, maak ’n merkie by die punt waarna die kort wyser nou wys: Dis waar jy nommer 1 merk. Herhaal tot jy die plasings vir al 12 diere gemerk het.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 6

Verhit die gompistool. Smeer ’n bietjie gom aan die een kant van elke dier.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 7

Plak die diere op die merke vas.

Foto: Misha Jordaan


Wenke

  • Waarsku jou kind die gom sal warm wees; hulle moenie daaraan raak nie.
  • Plaas die horlosiebasis op ’n stuk oorskiethout sodat jy nie jou werkvlak raak boor nie. So is dit ook makliker om dit te verf.
  • Jy kan geld bespaar deur pleks van die diere enige ou speelgoed wat klein genoeg is, soos motors of dinosourusse, op die horlosie te plak.


OLIFANTBOEKSTUTTE

BENODIGDHEDE

  • houtplankies: 2 lengtes van 15 cm en 2 van 10 cm (ons het dit uit ’n gekoopte houtstrook van 94 x 20 x 1 800 mm gesaag)
  • 360-grint-skuurpapier
  • gompistool met gomstafies
  • 1 groot plastiekolifant
  • 1 klein plastiekolifant
  • handwerkmessie
  • spuitverf (wit)

STAP 1

Skuur die plankies se growwe rande glad.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 2

Verhit die gompistool en wend gom aan een snykant van die kleiner plankie. Plak dit aan die langer plank vas en laat droog word.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 3

Sny die groot plastiek- olifant middeldeur.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 4

Skuur die rande van die speelding glad.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 5

Sit gom aan die groot olifant se snykante en onderaan albei olifante se voete, want dis waar jy dit op die stutte gaan vasplak.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 6

Plak die olifante aan die boekstutte vas en laat droog word.

dekor
Foto: Misha Jordaan

STAP 7

Spuit die olifante en boekstutte met die spuitverf wit.

dekor
Foto: Misha Jordaan

Wenke

  • Jy kan ou speelgoed vir die projek gebruik.
  • Sny stadig om seker te maak jy sny reguit. Trek ’n lyn op die speelding voor jy dit sny, indien nodig. 


Kry dit hier

Brights 0861-333-777; Builders 0860-284-533; Creative talents 021-949-0608; PNA 011-672-4391; The Crazy Store 0861-111-281

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.