Ly jou graadeentjie aan grootskool-blues?

Hier is raad as jou graadeentjie nie lus is om Maandag terug te keer grootskool toe nie.

Daar was dalk groot opgewondenheid toe jou jongeling vandeesweek die eerste keer skool toe is, maar die eerste Maandag ná die groot dag is dikwels ’n totaal ander saak . . .

Nora Rossouw, die departementshoof van die grondslagfase by Laerskool Totius in Kaapstad, gee al 35 jaar lank skool.

Sy gee raad oor wat jy alles in gedagte moet hou wanneer jou kind vir die eerste keer skool toe gaan en hoe jy kan maak om die blou Maandag vir jou graadeentjie af te weer.

  • Belowe om ’n spesiale eetdingetjie in die kosblik te sit.
  • Wees betyds wanneer jy jou kind kom haal, aangesien ’n vaste roetine hulle laat veilig voel. Bel die skool indien daar ’n verandering in die plan is sodat jou kind daarop voorbereid is.
  • Plak ’n foto van die gesin op sy potloodblikkie sodat hy deurentyd daarna kan kyk, sou hy wou.
  • Nooi ’n maatjie die naweek om by die huis te kom speel. Dit sal goeie motivering wees om skool toe te gaan omdat hulle mekaar weer sal sien.
  • Herinner hulle daaraan dat hulle nou regtig gaan leer hoe om te lees, skryf en somme te maak.
  • Belowe hom dat julle ná skool ’n spesiale tydjie sal hê waartydens hy vir jou kan vertel wat hy geleer het.
  • As jy agterkom daar is iets spesifieks wat hom pla, moedig hom aan om vir jou te vertel en bespreek dit dan met die onderwyser. Maar onthou: Moenie jou kind se probleme met voor hulle met die onderwyser bespreek nie.
  • Besoek ’n oog- en oorarts sodat jy seker is jou kind se sig en gehoor is reg.
Wen ’n deel van R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto!

Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe?

Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen.

Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk.  

Skryf nou in vir hierdie wonderlike kompetisie.