Dis belangrik om van jongs af gesonde tandsorggewoontes by jou kind te kweek. Begin van kleintyd af, want dit sal ’n grondslag vir goeie mondgesondheid skep en goeie gewoontes aanmoedig wat hulle tot in volwassenheid bybly.

Tandsorg vir melktande

Die eerste stel tande wat kinders kry, staan as melk- of babatande bekend.

Dit gee jou kaak en gesig ’n normale vorm en help met spraak­ontwikkeling. Party mense meen dis nie belangrik om dié tande te ver­sorg nie, want dit sal in elk geval later uitval. Dié houding is heeltemal verkeerd! 

Volgens dr. Maryam Dawjee, ’n tandarts by die Thinc-kliniek in Johannesburg, kan die verwaarlosing van jou kind se eerste gebit tot verskeie probleme lei. 

Dit kan byvoorbeeld spraakontwikkeling aantas, wat op sy beurt jou kind se groei en ontwikkeling kan belemmer.

“Van die ander probleme wat kinders as gevolg van swak mondhigiëne kan hê, is tandverrotting, bloeding, onwelriekendheid, die vroeë verlies van tande en skade aan permanente onderliggende tande,” sê sy. 

Tandeborsels

Tandeborsel
Aquafresh Advance Toothbrush 9-12 jaar R22,99
Tandeborsel
Aquafresh Milk Teeth Toothbrush 0-3 jaar R23,99
Tandeborsel
Aquafresh Little Teeth Toothbrush 3-5 jaar R22,99 elk

Sorg deur die fases

Baba - 6 maande: Gebruik ’n skoon en klam lap om jou baba se tandvleis en tong ná ’n voeding sagkens af te vee. 

6-24 maande: Wanneer die eerste tande uitkom, borsel dit gereeld met ’n bababorsel en water of tandepasta sonder fluoried.

2-4 jaar: Verander die tandeborselgrootte en skakel oor na tandepasta wat fluoried bevat. Dit is ook ’n goeie tyd om kinders aan te moedig om hul eie tande te leer borsel terwyl jy hulle help. 

5-7 jaar: Hoewel hulle nou voel hulle weet hoe om hul eie tande te borsel, hou steeds toesig oor die proses tot hulle ouer as sewe jaar is. 

Wanneer dit uitval

As jy vir die eerste keer ’n ouer is, weet jy waarskynlik nie waarna om uit te kyk wanneer jou kleinding se tande begin uitval nie.

Maryam sê tande sal van ses- tot 12-jarige ouderdom uitval, en die rede daarvoor is om vir permanente tande plek te maak.

Sy lei ons deur die proses: 

  • Kinders kners op hul tande, wat dit afslyt. Dit is natuurlik en dra tot die verlies van tande by.

Nog ’n manier is wanneer die tand los word omdat die een daaronder (die permanente tand) begin krag uitoefen en teen die wortel van die melktand druk. 

  • Dit begin gewoonlik by die onderste voortande en dit behoort nie pynlik te wees nie, tensy die permanente tand in ’n ander rigting groei as wat dit veronderstel is om te groei.
  • Dis in die haak om die los tand af en toe te wikkel.
  • As die plek seer is, koop tandvleisjel om die area te streel en verdoof.
Dr. Maryam Dawjee
Dr. Maryam Dawjee Foto: Verskaf

Tandartshoekie

Dr. Maryam Dawjee beveel aan jy kry ’n goeie tandarts vir jou kinders vandat hulle twee jaar oud is. 

“Die afsprake is gewoonlik kort en gerig op dieet, raadgewing en aanwysings oor mondhigiëne. Belangriker nog, jou kind sal aan die gesigte, die omgewing en die normaliteit van tandartsbesoeke gewoond raak,” voeg Maryam by. 

Dis ook belangrik dat die tandarts jou kind toelaat om op die stoel te sit en met van die toerusting te speel.

Sy meen die gebruik van dié soort positiewe versterking en die aangename bekendstelling laat kinders meer op hul gemak voel om tandarts toe te gaan. 

Tandepastas en mondspoel-middels

mondspoel
Listerine Smart Rinse Mild Berry R42,99 vir 500 ml
mondspoel
Listerine Smart Rinse Mild Mint R42,99 vir 500 ml
tandepaste
Elgydium Kids Toothpaste Gel 2-6 jaar R54,95 vir 50 ml
tandepaste
Elgydium Junior Toothpaste Gel 7-12 jaar R54,95 vir 50 ml
tandepaste
Colgate Anticavity Toothpaste for Kids 2-5 jaar R13,99 vir 50 ml
tandepaste
Aquafresh Big Teeth Tooth­paste 6-8 jaar R14,99 vir 50 ml

Kry dit hier

Aquafresh 0800-118-274; Colgate 0860-114-146; Elgydium 0800-950-564; Listerine 0860-410-032

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Ekstra bronne: Dr. Maryam Mohamed Dawjee, oralb.com, colgate.com